Boere, word wakker!

 

Kla oor plaasaanvalle help nie (dit behoort julle al te besef)

– NEEM REALISTIESE, DEURDAGTE STAPPE

om julself, julle families en eiendom te beskerm!

 

Plaasaanvalle is nie ‘n verskynsel van die afgelope twee dekades nie – die ou grensboere was in verskeie grensoorloë gewikkel wat oor aansienlike tydperke gestrek het. Die huidige situasie rondom plaasaanvalle is dus nie uniek nie. Maar… daar is ‘n paar elemente betrokke wat ‘n groot praktiese verskil maak.

Een groot verskil tussen die huidige situasie en wat die grensboere (en ook die Voortrekkers) die hoof moes bied, is dat vandag se barbare met hoogs gesofistikeerde, dodelike vuurwapens rondloop waarmee hulle gewetenloos en wreed mense en bedreigde dierespesies sonder enige diskresie afmaai, omdat die beskawingsvernis maar baie dun aangeverf is.

Die grensboere van destyds het ook besef dat hulle in ‘n oorlog gewikkel was en het hul lewenstyl en paraatheid dienooreenkomstig aangepas sodat hulle 24/7 op ‘n gereedheidsgrondslag kon wees. En vandag..? Ek staar soms in stomme verbasing na die berigte in die nuusblaaie wat plaasaanvalle beskryf:

  • ‘n Boer wat by die kraal 100 meter van die huis af gaan melk sonder dat hy enige vuurwapen by hom het; of moontlik ‘n rewolwer met 5 rondtes ammunisie, of ‘n pistool met 9 rondtes – beswaarlik ‘n ordentlike verweer teen ‘n groep swaar gewapende aanvallers. En Mamma sit by die huis met al die deure wawyd oop, want Wagter is mos daar naby…
  • Aanvallers wat sonder slag of stoot binnekom deur die motorhuisdeur wat oopgelaat is en direkte toegang tot die huis bied – sodat hulle die familie kan “verras” waar hulle by die lapa braai…
  • ‘n Boer (of huiseienaar) wat in die middel van die nag ‘n geluid buite hoor, of die honde hoor blaf en die relatiewe veiligheid van die huis verlaat om ondersoek te gaan instel met slegs ‘n geweer/rewolwer/kierie as wapen – sonder enige benul van wat/wie/hoeveel buite op hom wag…
  • ‘n Vraag vir enigiemand wat basiese militêre opleiding deurloop het: Sou alkohol onder enige omstandighede toegelaat word by oefeninge waarby vuurwapens en oorlewing betrokke is? En tog kom boere by opleidingsessies aan wat Fortis GRATIS in hulle area aanbied met hulle 4×4’s gelaai met koelsakke vol drank – ‘n “jol”; ‘n lekker paartie onder die vaandel van paraatheid- en wapenopleiding. Is dit erns? En steeds lees talle noodlottige plaasaanvalle soos ‘n swak geskryfde riller…

In plaas van tot hulp wees kan vuurwapens groot probleme veroorsaak sou ‘n aanvaller of aanvallers ernstig of  noodlottig gewond word – talle wetsgehoorsame burgers is al van moord aangekla en moet dan aan die hof bewys kan lewer dat hulle nie buitensporig opgetree het nie; en dat dit werklik ‘n geval van selfverdediging in ‘n lewe of dood situasie was. NB: Dit geld vir beide plaasboere en huisbewoners in dorpe en stede.

Het u ’n praktiese, realistiese plan in plek om so ’n aanval suksesvol teen te staan sonder om die landswette te oortree? Of  maak jy maar staat op die “adrenalien wat sal inskop”?

Hier is ‘n paar feite oor plaasaanvallers sowel as woonhuisrowers:

  • Aanvalle en moorde kan ENIGE plek en tyd plaasvind
  • Verreweg die meeste plaasaanvallers en huisrowers BEPLAN hulle misdade – soms vir maande voor hulle toeslaan
  • Hulle hou slagoffers vir dae, weke en soms maande lank dop
  • Wanneer hulle toeslaan ken hulle die roetine van elke lid van die huishouding, watter sekuriteit in plek is, ontsnappingsroetes, asook die beste tyd om toe te slaan
  • Inligting word ook vrywillig of onder dwang verkry vanaf jou werkers
  • Bendelede het elkeen ’n spesifieke taak en weet presies wat om te doen
  • Hulle skroom nie om uiterste geweld toe te pas om te kry waarna hulle soek nie

Om so ’n aanslag af te weer vereis ’n realistiese plan waarmee almal gemaklik en vertroud is; en wat hulle in staat is om te implementeer.

Fortis Pro Active Defence Solutions bemagtig boere deur middel van korrekte opleiding en toerusting om uself en u geliefdes pro-aktief te beskerm.

  • Fortis se praktiese, professionele oplossings kan die verskil tussen lewe en dood maak
  • Belê in die veiligheid van u en u gesin asook u onmiddellike omgewing
  • Hoe meer effektief u eerste linie teen misdaad – patrollies – kan wees, hoe meer baat die omgewing en elke inwoner daarby
  • Minimaliseer die moontlikheid van kriminele insidente
  • Maksimiseer die vermoë om so ’n situasie ten beste te kan hanteer, sou dit nodig wees
  • Deur pro-aktiewe, korrekte optrede kan sogenaamde “petty crimes” ook aangespreek word – wat die woord vinnig laat versprei dat ’n spesifieke area nie ‘n maklike teiken is vir kriminele optrede nie

Maak nie saak hoe afgeleë u area of plaas is nie, veiligheid en gemoedsrus is nie net ’n droom nie.

Fortis leer u:

  • Hoe om inligting doeltreffend en effektief in te samel en te verwerk ten einde positiewe gebieds- dominansie te help bewerkstellig
  • Hoe om deur pro-aktiewe patrollietegnieke u gebied stelselmatig terug te wen en te domineer
  • Hoe om u waaksaamheid so op te skerp dat u potensiële gevaarsituasies kan vermy
  • Hoe om uself suksesvol te kan verdedig  waar daar geen ander keuse is nie
  • Hoe om sodanige noodsituasies te oorwin terwyl u korrek en doeltreffend  binne die raamwerk van die Wet optree
  • Hoe u en u gesin weer rustig kan begin slaap

Al bogaande Fortis-opleiding is beskikbaar vir mans sowel as dames en word by u aangebied, in die gebied wat u leef en patrollies ry.

Belê vandag nog in u, u gesin en u omgewing se veiligheid.
- dit is net ‘n telefoonoproep of e-pos ver

Skakel NOU met ons om ‘n opleidingsessie te bespreek!

NB: Vra ons ook om meer inligting oor

  • Opleiding vir u Plaasbeveiligingsgroep om patrollies meer effektief te maak en dominansie in u area te verseker
  • Waar die situasie dit vereis, intervensieoptrede in u area deur ons opgeleide operateurs
  • ‘n Praktiese evaluering en toets om vas te stel of u veiligheidsmaatreels voldoende is.
  • Evaluering van u sekuriteitspan

Telefoon 012 643 1160
E-pos  sales@fortisgroup.co.za

Maar wat van die toerusting waarvan ons gepraat het wat u veiligheid kan verseker SONDER om die Wet
moontlik te oortree – en man, vrou en kinders
in staat sal stel om selfs aansienlike groepe
aanvallers die loef af te steek?

Hier is die skakel na volledige inligting:
www.defenceguns.co.za

 

Share

Nuus

  • Nuus | Landbou.com
  • Articles relating to Topics | farm attacks

Hy kan nie anders nie as om me. Joemat-Pettersson te veroordeel vir haar sk [...]

Die wyndruif-oes van die 2013-seisoen het alle verwagtinge oortref, met die [...]

Vrese oor loonverhogingseise en stakings laat die rand verswak, wat dalings [...]

A Zululand farmer has managed to drive himself to hospital despite losing f [...]

KwaZulu-Natal police have arrested a man for the murder of a Carisbrook far [...]

Gauteng is the most dangerous province in the country in terms of farm atta [...]

Gasgewere

In Samewerking Met

Farmer First Group

Lede van

The Institute of Protection Specialists & Security Contractors