Media 24 – 2010-09-03
Johannesburg – ‘n Gewapende rower is dood nadat die eienaar van ‘n winkel in Grassy Park, Kaapstad, hom geskiet het, het polisie in die Wes-Kaap Donderdag gesê.
“Drie gewapende mans het die winkel glo Woensdagaand rondom toemaaktyd, ongeveer 21:00, binnegegaan en die eienaar en ‘n werknemer agter in die winkel aangehou,” het ao. Ian Leibowitz gesê.
Die rowers het die man met ‘n vuurwapen aangehou en op geld aangedring.
“Die eienaar het op ‘n manier sy vuurwapen in die hande gekry, terwyl hy op die grond was. Die verdagtes het verskeie skote op die eienaar gevuur. Hy het teruggeskiet en een van die verdagtes is in die skietery dood.”
Die rowers het met niks weggekom nie en niemand anders is beseer nie.
‘n Saak van gepoogde besigheidsroof is oopgemaak, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie.
Wolfram Zwecker – Beeld 2010-08-24
’n “Oorlog” in die stil strate van Farrarmere in Benoni het gisteroggend die lewe van vier rowers geëis, terwyl drie van hul makkers gewond is.
Net een van die agt roofverdagtes het ongeskonde daarvan afgekom, maar is saam met die gewondes in hegtenis geneem.
Drie motors, twee van die rowers en een van die polisie, het ook in die slag gebly.
Wonderbaarlik is geen omstanders by die klein winkelsentrum in Bayleystraat beseer waar die skietery uitgebreek het nie.
Die bestuurder van die polisievoertuig wat die pad van die rowers se BMW versper het, is die enigste ongeval aan die wetstoepassers se kant en het sy skouer beseer toe die voertuig sy motor getref het.
“Ek het so 09:30 ’n skoot gehoor en gedink ‘hier gaan ons alweer’, want dis al die hoeveelste keer dat die winkels in dié sentrum beroof word, maar die volgende oomblik toe trek hulle los en hoor jy net skote klap,” het me. Sandy Moore, wat oorkant die Bayley Kwikspar in ’n woonstel woon, vertel.
“Ek het so vinnig deur die gordyne geloer en toe maar die kamera gaan haal. Intussen het jy net ’n helse slag gehoor toe die rowers teen die polisiemotor vasjaag. En die heeltyd die skote wat klap.”
Volgens kapt. Katlego Mogale, polisiewoordvoerder, het hulle inligting ontvang dat die rowers gaan toeslaan en polisielede is in die omgewing ontplooi.
Die rowers het omstreeks 09:30 in drie motors – ’n silwerkleurige BMW, ’n blou VW Citi Golf en ’n grys Hyundai I10 – daar opgedaag.
Van hulle is by die Kwikspar in en het mnr. Ernesto Sousa Sardinha, eienaar, sy werkers en van die klante aangehou.
Hulle het geldkissies en selfone geroof, maar niemand is beseer nie.
Die skietery het uitgebreek toe hulle die winkel verlaat.
Twee insittendes van die Golf is in die parkeerplek voor die winkel doodgeskiet, terwyl ’n derde rower op die agtersitplek gewond is.
Die bestuurder van die BMW het die skietery op sy kollega in die Golf gesien en probeer wegjaag, maar is deur ’n ongemerkte polisiemotor afgesny.
Die geweld van die botsing het die polisiemotor op die sypaadjie geslinger, terwyl die BMW teen die randsteen in Bayleystraat tot stilstand gekom het.
Die rower in die passasiersitplek voor van die BMW is doodgeskiet, terwyl die bestuurder gewond is.
Hy is onderweg na die hospitaal aan sy wonde dood.
’n Rower wat agter gesit het, is ook gewond en in hegtenis geneem.
Twee rowers het in die Hyundai gevlug, maar is sowat 2 km verder by die Lakefield-sentrum in Hoofweg, Boksburg, deur die polisie voorgekeer en gearresteer nadat een gewond is.
Al die geld en selfone is teruggekry. Die polisie het beslag gelê op ses vuurwapens.
Die drie gewondes wat die skermutseling oorleef het, word onder polisiebewaking in ’n hospitaal behandel.
Vir Sardinho was dit sake soos gewoonlik ná die skietery.
Hy wou nie oor die voorval praat nie.
Volgens mense wat in die omgewing van die winkelsentrum woon, is dit die derde rooftog die afgelope jaar by dié sentrum.
’n Man wat bier by die drankwinkel in die sentrum gaan koop het, sê dit is gewoonlik óf die Spar óf die drankwinkel wat beroof word.
“Ek bly al 13 jaar net hier anderkant en dit is die hoeveelste keer dat die plek beroof word.
“Ek kan jou ’n waarborg gee hier is elke paar maande ’n roof,” het hy bygevoeg.
André Damons – Beeld 2010-08-24
“Kill me?”
Met dié woorde het mev. Melanie Giezing (61) van Pongola in die noorde van KwaZulu-Natal soos ’n Bybelse Dawid met net ’n handsak as “slingervel”, kaal hande en geloof onder gewapende rowers ingeklim en hulle laat les opsê.
Giezing het twee van die booswigte vrou alleen gepak nadat hulle haar man, Hennie (65), vroeër geskop en geslaan het.
Die vier mans het verlede Maandag omstreeks 21:45 op die Giezings toegeslaan kort nadat hulle by die huis gekom het.
Mev. Giezing het pas die sleutel in die veiligheidshek gesteek toe ’n man met ’n vuurwapen na haar geloop kom en nog drie haar man met messe uit die motorhuis bring.
“Hulle het geld gesoek en toe my man sê ons het nie geld nie, het die een hom met die rollie geslaan.
Hulle het hom geskop en geslaan terwyl hy op die grond gelê het.
“Ek het net begin bid en die Here gevra om ons te beskerm en te bewaar en te verhoed dat hulle ons leed aandoen.”
Toe die man met die pistool vir haar sê “I’ll kill you, I’ll shoot you”, het sy hom met haar handsak gepak.
Sy makkers het haar van agter begin slaan.
Volgens Giezing het die mans haar geslaan terwyl sy hande-viervoet op die grond was.
Nadat sy weer regop kon kom en een van die mans haar handsak gegryp het op soek na geld, het sy hom met net haar kaal hande bygekom voordat sy makkers haar weer aangeval het.
Een het haar met ’n mes aan die binnekant van haar linkerbobeen gesteek.
“Die Here was daai aand by ons. Dit is net ’n wonderwerk en met sy genade dat ons lewe. Met God aan ons kant, wie kan teen ons wees?” het sy gesê.
Nog ’n wonderwerk het volgens haar gebeur toe ’n deur van die huis wat gesluit was, oopgeswaai het en een van rowers wat die veiligheidshek wou oopsluit van sy voete af geslaan het.
Die egpaar het vinnig gespring, by die huis ingehardloop en die veiligheidshek toegedruk.
Hulle kon die deur ook toemaak en hulp ontbied.
Kol. Jay Naicker, ’n polisiewoordvoerder, het die aanval bevestig.
Buks Viljoen – Beeld 2010-08-25
Die plaasaanvaller het op die kattebak van ’n bewegende wegkommotor gespring, toe duik mnr. Hardus Aucamp (25) ook daarop.
Soos in ’n aksiefliek het hulle sowat 400 m ver op ’n plaaspad gestoei terwyl albei aan die motor vasklou.
By die hoofpad tussen Ermelo en Hendrina het albei afgeval.
Aucamp het nog die motor se nommerplaat afgebreek.
“Ek het geweet ons het dan ten minste ’n leidraad om die voertuig op te spoor.”
Die aanvaller het die nag in verdwyn.
Teen dié tyd het een van sy makkers reeds dood in die Aucamps se huis gelê.
Kort daarna is nog twee verdagtes vasgetrek nadat sowat 60 bakkies vol boere op ’n noodroep gereageer het.
Teen gisteraand was mnr. Anton Greeff (50), bestuurder van die plaas Spitskop, nog in ’n bedenklike toestand in die Netcare-Milpark-hospitaal in Johannesburg nadat die aanvallers hom eergisteraand in die maag gewond het.
Mnr. Hein Aucamp (57), plaaseienaar, is in die linkerhand en boarm gewond en het gister ’n noodoperasie in die Life-Midmed-hospitaal in Middelburg ondergaan.
Die aanval het omstreeks 19:00 plaasgevind op die plaas, waar die Aucamps ook ’n vakansieoord bedryf.
“Toe ek by die kantoor instap, het ek trompop in ’n klomp rowers met vuurwapens vasgeloop.
Twee van die rowers het my ma, Erika (54), met vuurwapens aangehou.
Ek het net op my knieë neergesak en gesmeek hulle moet ons nie skiet nie,” het Aucamp jr. vertel.
’n Rower het hom met ’n pistool in die gesig geslaan.
“Ek het gemaak of ek bewusteloos is en skelm-skelm my pa, wat daar naby saam met oom Anton gekuier het, met my selfoon gekontak.”
Aucamp sr. en Greeff het by die kantoor ingestorm.
’n Vuisgeveg het gevolg en skote het geklap.
Die rowers het verskeie skote geskiet voordat hulle gevlug het.
Een het op die vloer bly lê en is later dood.
Vier rowers het in ’n wagtende Toyota Corolla gespring en weggejaag.
Dis toe dat die vyfde agterop die motor spring, met Aucamp jr. agterna.
Mnr. Dries van Rensburg, veiligheidsvoorsitter van TLU SA se oosstreek, was kort ná die aanval op die plaas.
“Ons het dadelik ’n noodroep na boere gestuur om te kom help. Binne ’n kort rukkie het sowat 60 bakkies vol boere opgedaag.”
Net buite Hendrina is twee mans, onderskeidelik 29 en 34 jaar oud, in die bloedbesmeerde motor in hegtenis geneem.
Die twee verdagtes verskyn vandag in die hof in Ermelo, het kapt. Carla Prinsloo, polisiewoordvoerder, gesê.
Amanda Roestoff – Beeld 2010-08-24
’n Taksidermis het gister twee van die Wes-Rand se mees gesoekte misdadigers doodgeskiet, terwyl hy self in die voet gewond is.
Nog twee vermeende lede van die bende wat binne drie dae vier rooftogte uitgevoer het, is vasgetrek.
Mnr. Jacques Fouché (36) van Randfontein het vertel hy het gister by sy huis in Firstraat, Green Hills, ’n kliënt, ene JJ van Mauritius, gehelp om opgestopte bokkoppe, velle en skedels na dié se Audi A4 te dra.
“Toe ons terugstap, het ek opgemerk hoe twee mans op ons afstap.
“Ek het in my bakkie ingebuk om die afstandbeheerknoppie te druk en die hek toe te maak, toe is hulle op ons.”
Die rowers het Fouché en JJ na die werkkamer agterin die erf geneem waar hulle ’n werker, ene Jacob, verskeie kere met die vuis toegetakel het.
Die drie mans moes op die vloer lê en hul hande is agter hul rug vasgebind.
Hulle is van waardevolle items gestroop.
“Nog twee mans het ingekom en ’n sak met ’n R5-geweer te voorskyn gebring.
Ek is gewaarsku om nie kanse te vat nie terwyl een rower die R5 voor my rondgeswaai het.
Hulle het my daarna alleen in die huis na die hoofslaapkamer gevat.”
Die kluis was toe reeds oopgesluit.
Die rowers wou weet waar Fouché geld en sy pistole versteek.
Fouché is die heeltyd met die R5 oor die kop gemoker terwyl hy vasgebind op sy bed aangehou is.
“Van die mans het skielik ingehardloop gekom en geskreeu hulle moet padgee.
Ek weet nie wat gebeur het nie, maar vermoed Jacob het dalk losgekom en oor die muur na die bure gespring om hulp te kry.
“Toe is ’n veiligheidsmaatskappy ontbied.”
Fouché het hom losgewikkel en ’n haelgeweer gegryp. Toe hy wou skiet, wou die geweer nie afgaan nie.
Met ’n tweede haelgeweer is hy by die huis uit. Twee van die rowers het teruggedraai en op hom losgebrand.
“Toe ek sien hulle kom terug, moes ek na die stoep toe hardloop en agter die heining skuiling vind.”
Fouché het van die stoep op die mans naby die Audi geskiet. Een het vanuit die motor op hom geskiet.
Op pad om agter sy bakkie te gaan skuil is hy in die regtervoet getref.
“Ek het bly terugskiet en daarna net agter die bakkie bly sit totdat die skote opgehou het.”
Die twee agterste vensters van die Audi A4 is flenters geskiet.
Een rower se lyk het buite die voertuig op die teerpad gelê. Sy makker s’n was op die bestuurdersitplek.
Volgens kapt. Appel Ernst, polisiewoordvoerder, het ao. Peet Venter, wat in die omgewing woon, vinnig gereageer toe hy die skietery hoor en polisielede ontbied.
“Nog twee rowers is in die veld en in die (naburige) meenthuiskompleks aangetref. Ons het twee 9 mm-pistole in die voertuig gevind.
Nog ’n 9 mm-pistool is in die veld en ’n R5-geweer in die meenthuiskompleks gevind.
“Hulle is beslis onder die mees gesoekte misdadigers in die streek,” het Ernst bygevoeg.
Fouché sal na verwagting vandag ’n operasie ondergaan om die 9 mm-koeël uit sy voet te laat verwyder.
Misdaadspoor
Dieselfde rowers het vroeër die oggend ’n vrou van Noordheuwel in Krugersdorp in haar huis oorval en van verskeie huishoudelike items en rekenaartoerusting beroof.
Dit is in die kattebak van ’n silwer Volvo op die skiettoneel gevind.
Volgens die polisie het dieselfde bende Sondag by ’n huis in Nightingalestraat in Greenhills toegeslaan en Maandag by Captain Liquor in Aureus, ook in Randfontein.
Wolfram Zwecker, Beeld – 2010-08-17
Johannesburg – “I’m going to shoot you,” 77-year-old Louise Jacobs warned her attacker. When he swung his firearm toward her, she didn’t hesitate and let her shotgun do the talking.
The shot, which wounded one attacker and made the rest run away brought an attack, which according to Jacobs’ husband, Peet, 81, started on the Friday already, to a stop.
“On Saturday morning I realised things had been stolen from my bakkie and that our one dog was sick. We gave him some milk and he was better after a while, but I knew something was going on,” Mr Jacobs said on Tuesday on their farm, about 12km outside Heidelberg on the Vereeniging road.
On Monday morning he went to the Heidelberg police station to report Friday night’s theft, when his wife phoned him and said she had just been attacked on the farm and shot one of the attackers.
“One of the policemen just said: ‘Go, I’ll organise everything.’
When I got to the farm, they were waiting for me. The police were here, members of the community policing forum and neighbours, the helicopter was in the air and they even had the dogs out here. The police really deserve congratulations for their level of service and how quickly they responded,” said Mr Jacobs.
‘Enough is enough’
According to Mrs Jacobs, one of their workers first said she suspected there were strangers behind the house.
“I told her to jump over the electric fence and run, and I went to the bedroom to fetch the shotgun.
“The next moment I heard them breaking open the security gate at the front door with a pick axe. Then one of them broke the window next to the front door with a firearm and climbed in.
“He was still busy pointing the gun around when I shot – from here, from the security gate at the bedrooms. You can look straight at the front door from here.
“He shouted to the others to run and they left in a hurry. Then I phoned my husband,” she says.
“A little voice in the back of my head told me to ‘load the shotgun with buckshot’ the previous night,” said Mr Jacobs.
According to Thivhulawi Tshilate, police spokesperson at Heidelberg, a 33-year-old Zimbabwean suspect was apprehended in the area.
He wasn’t the wounded man.
The Toyota Venture in which the five other suspects fled was later found deserted in Rondebult at Dawn Park, Boksburg.
The police also found a trail of blood near the vehicle.
Mrs Jacobs’ fearlessness in the midst of danger also showed itself a few years ago. A snake was lying next to the dogs bowl, and when she tried to chase it away with stones, it spat in her eye.
“But that’s when I decided enough is enough and killed it with a rock before I went to the doctor,” she said.
Amanda Roestoff
’n Jong man van Roodepoort het eergisteraand een van sy pa se aanvallers stormgeloop en twee keer so hard met ’n steakmes in die kop gesteek dat die lem in sy kop afgebreek het.
Mnr. Ruan Vorster (19) sê sy pa, Phillip (49), ’n meganiese ingenieur en lid van die Roodekrans-buurtwag, het kort tevore die hek van hul huis in Palala-straat oopgemaak vir iemand wat hy ken en met wie hy ’n afspraak gehad het.
Terwyl Vorster sr. in die huis gewag het vir die man om op te daag, het hy omstreeks 20:00 gou uitgegaan om iets uit sy Mercedes-Benz in die oprit te gaan haal. Hy is deur drie gewapende mans in die gang aangeval net toe hy weer die huis binnegestap het, het Ruan gesê.
Ruan en sy broer, Hein (17), was elk in hul onderskeie kamers besig met telefoongesprekke toe hulle ’n lawaai in die gang gehoor het.
“Toe ek uit my kamer loer, sien ek hoe slaan die mans my pa met flitse en vuurwapens oor die kop. Dis toe dat ek die mes langs my skootrekenaar onthou.”
Hy het die mes gegryp en een van die rowers, wat toe die aanval op sy pa in die hoofslaapkamer voortgesit het, bestorm en van die kant af met die elmboog geslaan en teen die muur vasgedruk.
“Ek het met al my krag die mes twee keer bo in sy kop vasgedruk! Die handvatsel het toe afgebreek,” sê hy.
Die beseerde rower het bloeiend en steeds met die meslem in die kop op die grond neergeval terwyl die ander twee rowers en Vorster sr. steeds aan die stoei was.
Hein het na die telefoon gehardloop waar sy vriend, Joubert Schoeman (17), met wie hy voor die aanval gepraat het, steeds aangehou het. “O, foei … Help net!” het Hein geskree.
Ruan, wat in sy kamer na nog messe gaan soek het, het ’n skoot gehoor. Die koeël het Vorster sr. se maag geskraap voordat dit by sy regterbobeen aan die ander kant uit is.
Intussen het Joubert en sy pa, Dirk, hulle na die Vorster-huis gehaas nadat hulle die polisie laat ontbied het.
“Ek was vas oortuig my pa is dood toe ek daai skoot hoor!” sê Ruan.
“Die polisie was binne minute hier, maar die rowers het reeds al drie in ’n wit BMW gespring en weggejaag, waar nog ’n man op hulle in die wegkommotor gewag het,” sê hy.
Volgens Vorster sr. is Ruan sy held. “Hy het my en sy broer gered.”
lees berig


