In Die Nuus

Charles Smith – Volksblad 2010-09-03

Misdaad soos veediefstal en brandstigting langs die Vrystaat se grens met Lesotho het skielik toegeneem sedert bouwerk aan die nuwe grensheining hier begin het ingevolge Vrystaat-Landbou (VL) se skikking met die regering, sê grensboere.

Tussen 10 000 ha en 15 000 ha weiding is by Boesmanskop in die Suidoos-Vrystaat afgebrand nadat dit vermoedelik doelbewus deur Lesotho-burgers aan die brand gesteek is, is aan Volksblad gesê.

Mnr. Jancke Cronjé, ’n grensboer, het ná ’n gesprek met verskeie boere hier aan Volksblad gesê die gevoel is dat misdaad soos weidingdiefstal en brandstigting skielik toegeneem het nadat die skikking oor die grenshofsaak bereik is.

Die gevoel onder die boere is dat die staat nie die ooreenkoms nakom om die grensbewoners se veiligheid te verseker nie.

Boere is ook woedend omdat die polisie langs die grens aanvoer hulle mag nie oor die grens gaan om gesteelde vee te gaan soek nie in weerwil van lt.genl. Amon Mashigo, die provinsiale polisiehoof, se belofte hieromtrent op VL se kongres.

“Ons is vuisvoos. Hier is ouens wat omtrent al hul weiding verloor het. Die laaste veldbrand het drie dae geduur.”

Die vermoede is dat Lesotho-burgers deur die brandstigting hul misnoeë te kenne gee teen die nuwe grensheining wat hul vrylike beweging oor die grens na Suid-Afrika gaan inperk. Die heining word nou ingevolge die skikking deur die Vrystaatse departement van landbou opgemeet. Boere kry dan subsidie om dit te bou.

’n Noodvergadering is gister laat tussen die grensboere, die polisie en VL op Boesmanskop gehou om die situasie te bespreek. ’n Memorandum sal vandag uitgereik word.

Die boere wil ook van die staat weet wat geword het van die ekstra viertrekvoertuie en toerusting soos nagsigtoerusting wat vir die grens-eenhede gestuur moet word.

Kol. Sam Makhele, woordvoerder van die polisie in die Vrystaat, het by navraag gesê die prosedure vir ’n polisielid om die grens oor te steek, is dat die lid of sy bevelvoerder dadelik nadat ’n boer ’n klag ingedien het, die speurhoof in die Vrystaat bel.

As dit nie gebeur nie, kan die boer dadelik Mashigo se kantoor of enige senior offisier in die hoofkwartier bel. Mashigo of een van sy adjunkhoofde kan goedkeuring gee sodat die vee in Lesotho gekry kan word. “Soos die generaal op die kongres gesê het, hy is bereid om ’n saak met meriete te hanteer. Hy is oop vir enige versoek deur ’n boer.”

Makhele sê die polisie ondersoek ook alle stappe om genoeg manskappe op die grens te kry. Van die lede wat voorheen na die grens gestuur is, word nou in die binneland met die stakings ingespan. Boere word egter gevra om ’n vennootskap met die polisie te sluit, soos om reserviste te word. Mashigo bepleit dié stap en het al self ingespring om reserviste aan te stel.

lees berig

Share

IOL - July 29 2010

By Sharika Regchand and Sibusiso

As friends and relatives paid their last respects to murdered dairy farmer Lorraine Karg on Wednesday, one of the suspected killers was dying at a police station after being shot in an escape attempt.

Karg, 58, was killed with her domestic worker Hilda Linyane, 34, and gardener Zacheus Mhlongo, 66, on Sherwood farm, in the Rosetta area, last Wednesday night.

Two days of intensive investigation, in which Pietermaritzburg detectives working on the case squeezed in just two hours of sleep, ended with the arrests of four men in Hlatikulu township, near Mooi River, early on Wednesday.

“It boils down to a good informer network, because once we got the lead we just hung on to it and worked around the clock,” said one of the detectives, who admitted to feeling fatigued.

Police said two of the men arrested were being fingerprinted at the Mooi River police station when one of them, Mnqobi Maphalala, 31, tried to make a dash for freedom.

Colonel Jay Naicker said Maphalala disarmed the officer taking his fingerprints and fired a shot.

“Another police official who was in the vicinity returned fire in the direction of the 31-year-old, fatally wounding him,” he said.

The four are thought to have started a veld fire on Sherwood farm last Wednesday to draw the Kargs out of their home so they could enter the house and steal.

Lorraine Karg had been helping her husband, Neville, fight the blaze, but returned to the house to summon help.

When she failed to return and did not answer her cellphone, Neville returned to the house and found she and Linyane and Mhlongo had been murdered.

The only survivor was Linyane’s 16-year-old son, who had been assaulted and locked up in the bathroom.

Linyane had been shot, while Karg and Mhlongo had been stabbed.

After the murders, members of the Pietermaritzburg organised crime unit worked tirelessly to find the culprits.

Several suspects were taken in for questioning, but were released when they could not be connected to the crime.

The police eventually made a breakthrough when they were tipped off about the possible suspects on Monday.

This led them to a home in Hlatikulu location.

The officers staked out the area and arrested the suspects, all of whom were in the same house, when the opportunity presented itself on Wednesday morning.

A 9mm pistol and several knives – believed to have been used in the murders – were recovered.

A 25-year-old woman, the sister of one of the suspects, said she had no idea why the police were arresting her brother.

She said she had heard about the farm murders on the radio and television.

“One can’t put anything past a person, but if he did that, he should face up to the consequences,” she said.

The woman, whose home is in a remote area almost 50km from Mooi River, said her brother had recently lost his job.

Maphalala’s wife, Nqobile, complained that the officers had been aggressive in arresting her husband.

Robin Barnsley, president of farmers’ union Kwanalu, said the union was grateful for the diligent and hard work done by the police.

“Now it’s up to the Justice Department to expedite matters… we can’t have people like (the suspects) out on bail as it would cause further unease in the community,” he said.

Karg’s funeral on Wednesday was attended by between 500 and 600 people, including members of the farm staff and of the families of Linyane and Mhlongo.

The Agriculture Department said Mhlongo’s funeral would probably be held this weekend, while Linyane’s body would be repatriated to her native Zimbabwe for burial.

The Kargs, one of the biggest dairy farmers in the area, were well known in the industry for technical advances on their farm.

read article

Share

‘n Nuwe generasie geweldmisdadigers het Suid-Afrika aan die keel beet. Hulle huiwer nie om dood te skiet nie, berig Virginia Kepp­ler.

Van dié uiters gevaarlike misdadigers was tussen 9 en 13 jaar oud toe hulle hul eerste misdade gepleeg het.

http://www.beeld.com/Leefstyl/Nuus/Kaap-op-9-jaar-moor-op-13-jaar-20100720

Share

Pretoria – Two members of a gang that killed Brits farmer and dog breeder Brink Botha were on Tuesday found guilty of murder and robbery.

The North Gauteng High Court in Pretoria convicted Mozambican citizen Thomas Chauke, 32, and Zondi Nkuna of Soshanguve of murdering Brink at his farm on November 3 2008.

They also robbed him and his wife Christelle of cellphones, R200 in cash and their bakkie.

Both were also convicted of cruelty to animals after poisoning eight of the couple’s Boerboel dogs, causing one dog to die at the scene and two of them to be hospitalised.

Judge Peter Mabuse found Chauke guilty of the illegal possession of a firearm and ammunition, but acquitted Nkuna on the same charges.

A third suspect was earlier shot dead by police.

The two convicted men were part of a gang who gained entry to the house by smashing a bedroom window.

When Botha tried to prevent the suspects from entering, he was shot twice in the chest.

When his wife fled to the study to fetch a firearm, one of the attackers grabbed her around the neck, forced her 13-year-old daughter out of her bedroom and demanded money.

The wife gave their attackers R200 from her handbag. The robbers also took their cellphones before tying them up in the study and driving off with the family’s bakkie.

Claim innocence

After freeing themselves, the wife smashed a window to get out of the study. When she climbed back into the house through the bedroom window, she found her husband dead.

She later identified Chauke and Nkuna as two of their attackers. Her daughter also identified Chauke, whose fingerprint was found on a cookie tin in a cupboard in the house.

Mabuse rejected Chauke and Nkuna’s claims that they were innocent and had nothing to do with the murder.

He rejected Chauke’s explanation for his fingerprint on the cookie tin.

Chauke claimed he had earlier done a painting job for Botha, but his wife denied this.

Mabuse said it was clear that both accused had tried to mislead the court.

He accepted police evidence that Chauke had led them to Nkuna, who in turn was at one stage in possession of Mrs Botha’s cellphone, which he had sold to someone else before his arrest.

Mrs Botha expressed satisfaction about the court’s ruling, saying she had forgiven the accused within 24 hours after her husband’s murder to get on with her life.

She still lived on the family farm and worked in their service station shop during the week.

The trial was provisionally postponed to September 23 for a probation officer’s report, whereafter a new trial date will be determined.

- SAPA

read article

Share

Sonja van Buul  – Beeld 2010-07-11

’n Man (61) van Vanderbijlpark wat ná ’n operasie tuis aangesterk het, is gisteroggend koelbloedig langs sy vrou in hul bed doodgeskiet toe twee huisrowers in hul slaapkamer ingekom het.

Mnr. Neels Jansen van Roodia-kleinhoewes buite die dorp is na verneem word kort gelede uit die hospitaal ontslaan ná ’n breuk-operasie.

Volgens konst. Edwin Ntsheo, polisiewoordvoerder, is mnr. Jansen een keer in die maag geskiet.

“Die rowers het om ongeveer 04:30 die diefwering voor ’n venster afgebreek en so toegang tot die huis gekry,” het Ntsheo gister gesê.

Mev. Jansen is op die bed langs haar man vasgebind voordat sy gehoor het hoe ’n skoot afgaan.

Sy het kort daarna, steeds vasgebind, maar nog onbewus daarvan dat haar man doodgeskiet is, vir die rowers gaan wys waar hulle geld kan kry.

Hulle het op onder meer geld en vuurwapens aangedring.

Mev. Jansen het daarna haar bebloede man bewegingloos op die bed sien lê.

“Sy het eers gedink sy operasiewond het weer begin bloei, maar gou besef hy is geskiet,” het ’n familievriend, wat nie sy naam genoem wil hê nie, gister op die moordtoneel gesê.

Mev. Jansen het die rowers glo gevra of sy haar man mag help, maar is aangesê om hom uit te los.

“Moenie worrie nie, ons het klaar die ambulans gebel,” het een van die rowers, volgens ’n betroubare bron, in Engels geantwoord.

Die rowers het hierna met onder meer ’n onbekende bedrag geld en drie selfone in ’n voertuig, wat buite onder die hoewehuis se afdak geparkeer was, gevlug.

Ntsheo het bevestig die rowers het in ’n wit Mazda-bakkie gevlug, maar kon nie sê wie die eienaar van die voertuig is nie.

Die egpaar se dogter en haar seun, haar twee dogters en twee vriende van haar kinders het ten tye van die aanval uit Kimberley op die kleinhoewe gekuier. Dit is nie bekend of hulle ook aangeval is nie.

Hul name is onbekend.

Die geskokte familie het die polisie en paramedici se hulp ontbied.

“Paramedici het na die kleinhoewe gejaag, maar kon maar net die man se doodsverklaring teken,” het mnr. Chris Botha, Netcare 911-woordvoerder, gesê.

Mev. Jansen, wat erg getraumatiseer is, is deur haar huisdokter vir skok behandel.

Ntsheo het gesê die rowers in die huis het op hul selfone met nog ander lede van die roofbende buite die hoewehuis gepraat.

“Ons ondersoek sake van moord en gewapende huisroof,” het hy gesê.

Niemand is nog in verband met die voorval aangekeer nie.

lees berig

Share

Bewerings dat xenofobie moontlik ná die Wêreldbeker-sokkertoermooi kan kop uitsteek, word deur die intelligensiediens ondersoek, sê mnr. Nathi Mthethwa, Minister van Polisie.

Mthethwa sê hy is bewus van berigte in die media en uitsprake van menseregte-instansies oor vrese vir die herhaling van aanvalle wat in 2008 en 2009 voorgekom het. Veral plaaswerkers in die Wes-Kaap is gedurende aanvalle in 2009 bedreig.

Luidens ‘n verklaring verskaf inwoners in sekere dele van die land, waar baie buitelanders hulself bevind, glo ‘n wye reeks redes vir die moontlikheid van aanvalle. Mthethwa, wat ook die voorsitter van die interministeriële komitee vir xenofobie is, het enige moontlike rede vir dié geweld ten sterkste afgekeur.

“Ons sal nie enige dreigemente of geweld teen enige individu of enige groep van die samelewing duld nie. Dit maak nie saak wat die redes mag wees om dit te regverdig nie.”

Die Regering monitor die dreigemente deur gesiglose misdadigers wat vrees wil veroorsaak. Ons wil die samelewing verseker dat die Polisie op die grond dié bose optrede sal aanspreek.” 

Verbeterde polisiëring sal voortgaan na toernooi
Mthethwa het vroeëre aankondigings, dat verbeterde polisiëring wat tydens die toernooi toegepas word na afloop van die toernooi sal voortgaan, weer beklemtoon.

“Veiligheidsagentskappe is op ‘n gereedheidsgrondslag om enige dreigemente of opvlamming van geweld teen enige individu of groep doeltreffend te hanteer. In die gees van samewerking, doen die Regering ‘n beroep op organisasies en individue wat moontlik inligting oor die dreigemente van xenofobiese geweld het, om dit aan die Polisie te verskaf,” vra Mthethwa.

Die komitee sal volgende week in Pretoria vergader om die situasie te bespreek. Die Ministers van Polisie, Behuising, Maatskaplike Ontwikkeling, Staatsveiligheid, Basiese Onderwys, Regeringsamewerking en Tradisionele Sake, Kuns en Kultuur asook Internasionale Verhoudinge en Samewerking sal aanwesig wees.

2 Julie 2010 – Landbou.com

lees berig

Share
STAFF REPORTER
Published: 2010/05/27 06:29:30 AM Business Day
THE Department of Agriculture wanted more money from the Treasury, and new legislation that allows for specialised courts and harsher punishments to help it fight stock theft.

The Department of Agriculture, Forestry and Fisheries deputy director-general Kgabi Mogajane told MPs yesterday that syndicates of thieves were pillaging livestock from commercial and peasant farmers, and causing enormous losses to the economy. “In the rural areas it is even worse. People come and steal all the livestock in the evening. They put the animals on a truck. We are trying to find a solution. But what we need is investment in the livestock industry.”

Mogajane said the department wanted to introduce a tracing system, similar to one being used in Botswana, which would allow meat to be traced from a supermarket shelf back to the owner of the animal. However, its requests for funds from Treasury had been turned down.

“Stock theft contributes a lot to food security, but we find that when we request funds we don’t get for that sort of thing .

“At the moment the system allows for anyone to take an animal and sell it to an abattoir who sells it to a butcher. The Botswana system involves placing a tracing object into the cow’s mouth. The object then moves into the reticulum of the animal, around the stomach. A scanner can then be used to trace the animal’s owner.” Mogajane said specialised stock theft courts and legislation that would allow stiffer fines for thieves would do a lot to solve the problem.

DA MP Lourie Bosman told the committee how stock theft, which was estimated to cause losses of about R360m a year, had “ruined” his farming business in Ermelo. “In the last two or three years I’ve lost 400 to 500 sheep a year through stock theft.

“People are organised out there. They do it in systems. They slaughter loads of sheep per one theft.” He said the thief in his case turned out to be a councillor from Ermelo. “In her back yard she had a container with all the slaughtering equipment with cooling systems. When we caught her with the last load, a security firm in Ermelo was involved. They were going out with a security van, loading the sheep, taking it to the councillor’s yard and slaughtering it. Then they would take it to the butcheries.”

Committee member Nicolaas Du Toit said the tracing system would serve no purpose while the police were not doing their job.

“If they can’t even respond to theft how is this identification of animals going to help us anyway?” he asked. Sapa

People do it in systems. They slaughter loads of sheep per one theft

read article

Share

Charles Smith – Volksblad 2010-06-18

Die Grondwet en alle Suid-Afrikaners is die groot wenners nadat ’n skikking tussen Vrystaat Landbou (VL) en die staat, onder wie pres. Jacob Zuma self, oor die sloerende Lesotho-hofsaak bereik is.
Só het mnr. Louw Steytler, president van VL, gesê toe hy die ooreenkoms aangekondig het nadat mnr. Jan Smit, die VL se regsverteenwoordiger van Naudés-prokureurs, dit onderteken het.
Ingevolge die skikking, wat deur regter A. Kruger ’n bevel van die Vrystaatse hooggeregshof gemaak is, sal die staat sy pligte nakom om die landelike gemeenskappe aan die Lesotho-grens te beskerm.
Die staat sal die heining aan die Lesotho-grens herbou, die grenspad herstel én die polisie word met twee pelotons versterk totdat die weermag dié taak binne twee tot vier jaar oorneem.
Die staat het sy verweerskrif onttrek, wat die weg vir die skikking gebaan het en sal die koste van die regsgeding dra wat drie jaar sloer.
Steytler het gesê dit bring groter veiligheid vir die boere en plaaswerkers aan die grens. Dit sal die grondpryse hier stabiliseer wat waardeloos geword het weens die misdaad. Dit het daarby ook ’n reuse-betekenis vir almal in die land.
“Die oorwinnaars is ons Grondwet en die stem van redelikheid, iets wat almal in Suid-Afrika so nodig het. Dit is ’n oorwinning vir alle Suid-Afrikaners en alle Vrystaters.”
Steytler het gesê as dit nie was dat daar stemme van redelikheid aan albei kante van die debat was nie, sou dié redelike skikking nie bereik kon word nie. Dit raak al die kwessies aan wat VL van dag een aangeroer het.
“Ons is baie dankbaar. Dit is my openhartige mening dat president Zuma en sy presidensie ’n belangrike rol gespeel het om toe te sien dat die skikking bereik word.”
Zuma was die eerste verweerder in VL se eis namens grensboere en verskeie ministers, die nasionale en provinsiale polisiekommissaris, mnr. Ace Magashule, Vrystaatse premier, en van sy LUR’e was onder die ander verweerders.
Die realiteit vir die boeregemeenskappe aan die grens wat so lank gely het onder die misdaad aan die grens, is dat die prentjie nou omgekeer word.
“Hul lewe sal na normaal kan terugkeer. Ek is hartseer dat dit so lank geneem het, want van dié mense se lewe is onherroeplik geraak. Hulle sal nooit ooit dieselfde ekonomiese voetstuk bereik nie, omdat hulle soveel jare se produktiewe lewe verloor het,” het Steytler op ’n nuuskonferensie by VL se hoofkantoor in Bloemfontein gesê.
“Ek praat nie net van wit kommersiële boere nie. Ek praat van swart lede van Vrystaat Landbou wat selfs erger geraak is deur die onvermoë van die staat om reg en orde hier toe te pas.”
Een swart lid wat na Bloemfontein gereis het om sy lidmaatskapgeld te betaal, moes terug op sy plaas uitvind al sy vee is gesteel.
“Dit is die realiteite waarmee ons soveel jare lank gewerk het. Hoewel die staat se standpunte in my oë onverdedigbaar was, het hulle aan die redelike eise van Vrystaat Landbou toegegee.”
Op ’n vraag oor geldelike uitbetaling aan die boere het Steytler gesê: “Gegewe dat die staat toegegee het tot ons eise en ons ver gegaan het om die staat se medepligtigheid te bewys tot die geldelike posisie waarin dié mense hulle bevind, is dit vir elke individu self om te besluit of hulle regstappe teen die staat in dié verband gaan instel.”


Dié stappe volg op grens

Die staat gaan die volgende stappe aan die Lesotho-grens met die Vrystaat van 487 km aanpak ingevolge die skikking met Vrystaat Landbou:

  • Die grensheining tussen Kornettspruit, Zastron, en die Caledonrivier by Wepener gaan eerstens teen R5,5?miljoen herbou word;
  • Die departement van landbou gaan boere aan die grens R50000/km betaal vir die oprigting van ’n jakkalsbestande heining van 1,5 m. Dit sluit koste vir arbeid en materiaal in;
  • Die 130 polisielede aan die grens is met twee pelotons van 72 lede aangevul; en
  • Die staat het soekligte, nagsigtoerusting, verkykers, kamoefleernette, radio’s en 16 voertuie vir die grenspatrollies aangeskaf. Sewe viertrekvoertuie is reeds gekoop en 11 sal in Julie beskikbaar wees.

lees berig

Share

Harare – ‘n Nuwe toename van geweld het op 16 plase in die afgelope week in Zimbabwe losgebreek nadat aanhangers van president Robert Mugabe nóg grond probeer oorneem het.

‘n Vakbond, Commercial Farmers Union, wat sowat 300 wit boere verteenwoordig wat steeds op hul eiendom is, sê grond en toerusting word al hoe meer oorgeneem.

In oostelike Zimbabwe het ‘n swart voorman van ‘n plaas bewussyn verloor nadat hy in die Manicaland-distrik geslaan is.

‘n Ander boer se vrou is vier ure gegee om haar plaas te verlaat.

Beide insidente het Dinsdag plaasgevind, het die vakbond se leier, Charles Taff, Woensdag gesê.

Volgens Taff het polisie nog nie op oproepe om hulle te kom help gereageer nie.

Geen kommentaar was dadelik van die polisie beskikbaar nie.

Sedert 2000 is sowat 4 000 wit boere van hul grond verwyder in soms gewelddadige wyses.

lees berig

Share

Nuus 24 – 2010-06-16

Bloemfontein – Weens swak getuienis is ’n Kroonstadse boer en sy plaasvoorman wat in die tronk beland het nadat hulle ’n vermeende plaasaanvaller glo ontwapen en in die proses beseer het, in die hof hier op aanklag van aanranding vrygespreek.

Die staat kon nie bo redelike twyfel bewys Chris Grobler (23) en sy werknemer Eugene Lloyd is aan dié misdryf skuldig nie.

Leeu Monyamane (43), die vermeende aanvaller wat dié klag teen Grobler en Lloyd ingedien het, het tydens die verhoor sy weergawe van die gebeure op dié dag in Maart verskeie kere verander.

Ook dít het meegebring dat landdros Neels de la Rey die aanklagte teen Grobler en Lloyd ingevolge art. 174 van die Strafproseswet laat vaar het.

Christo Grobler, Grobler se pa, het vroeër aan Volksblad gesê Grobler jr. het die polisie laat kom toe Monyamane, ’n “gewese” plaaswerker, “moles” op die plaas Labri gemaak het. Die polisie het die man verwyder.

Die volgende aand was Monyamane terug.

Toe Grobler jr. hom glo weggewys het, het Monyamane na bewering ’n mes uitgepluk en na Grobler jr. gesteek.

Grobler jr. het die mes afgevat en die aanvaller het hard met die aarde kennis gemaak.

Monyamane het glo sy hand gebreek en ribbes seergemaak.

Monyamane het Grobler jr. by die Heuningspruit-polisie gaan verkla en Grobler jr. en Lloyd is in hegtenis geneem.

Dié twee het ’n nag in die tronk op Koppies deurgebring. Hulle is op borgtog van R500 elk vrygelaat.

Terwyl die Groblers bitterlik kwaad was vir die Heuningspruit-polisie, het ’n groot groep van die gemeenskap hul by dié polisiekorps en in besonder hul “Black Barbie” – die troetelnaam van die Heuningspruitse bevelvoerder, kapt. Thenjiwe Mkhumbeni – geskaar.

Hulle het gemeen die mans sou nie sonder goeie rede in hegtenis geneem gewees het nie.

lees berig

Share

Gasgewere

In Samewerking Met

Farmer First Group

Lede van

The Institute of Protection Specialists & Security Contractors