Nuus 24 – 2010-06-17
Johannesburg – ‘n 32-jarige man is in ‘n stabiele toestand in die hospitaal nadat hy op ‘ plaas naby Witbank geskiet is, het paramedici Donderdag gesê. Volgens Tristan Wadeley, ER24-woordvoerder, het die man Woensdagaand op die N4-hoofweg gery toe sy motorband omstreeks 21:30 gebars het. “Die man het gestap om hulp te kry by ‘n naby geleë plaas toe hy geskiet en in die linkerarm gewond is,” het Wadeley gesê. Die man het glo teruggehardloop na sy motor. Die nooddienste is ontbied. Hy is na die Witbank-hospitaal geneem vir mediese behandeling. Die presiese verloop van gebeure is nog nie bekend nie. Die voorval word deur die polisie ondersoek.
Deur ALANI JANEKE – Landbou.com 24 Mei 2010
Vrae heers oor statistiek vir plaasaanvalle en -moorde in 2008/’09, aangesien dit met dié van 2006/’07 ooreenstem, sê die Demokratiese Alliansie (DA).
Luidens ‘n DA-nuusverklaring het mnr. Nathi Mthethwa, die Minister van Polisie, op ‘n vraag geantwoord dat 784 plaasaanvalle en 86 plaasmoorde in die 2008/’09 boekjaar plaasgevind het. Dié statistiek verskyn glo op bl. 69 van die Polisie se jaarverslag.
Volgens me. Dianne Kohler-Barnard, die DA se woordvoerder vir polisie- en veiligheid, het sy iets eienaardig opgemerk toe sy dié statistiek met dié van die 2007/’08 en 2006/’07 boekjare vergelyk het.
Vir 2007/’08 is geen statistiek in dié verband aangeteken nie, maar die statistiek vir 2008/’09 boekjaar stem ooreen met dié van die 2006/’07, toe ook 784 plaasaanvalle en 86 -moorde plaasgevind het.
Twee moontlike redes
Volgens Kohler-Barnard kan dít aan twee moontlikhede toegeskryf word: “Dis of weens buitengewone toeval dat binne ‘n bevolking van 40 miljoen mense dieselfde aantal plaasaanvalle en -moorde oor twee verskillende jare plaasgevind.”
’n Meer realistiese verduideliking is moontlik dat die Polisie nie sy statistiek in dié verband behoorlik op datum hou nie en dat twee jaar gelede se statistiek gebruik is as ‘n moontlike skatting, sê Kohler-Barnard.
Die DA meen Mthethwa sal dié verskynsel moet verduidelik. Die party is ook van plan om baie spesifieke vrae oor dié voorvalle in die twee boekjare te vra. Indien hy nie tevrede is met die antwoorde wat hy ontvang nie, sal hy ‘n klag van valse inligting by die Speaker sowel as die portefeuljekomitee vir Polisie aanmeld.
Deur JAN BEZUIDENHOUT – Landbou.com 24 Mei 2010
As dit nie jakkalse is wat happe vleis uit lewende skape skeur nie, kap veediewe beeste se bene af sodat hulle nie van die toneel af kan vlug nie!
Ja, dit is nie maklik, of altyd lekker, om te boer nie. Veral nie as jy teen súlke “rowers” stry nie.
Mnr. Peet Bornman van die Groter Westonaria Boerevereniging sê die gemeenskap is baie geskok oor 25 beeste wat onlangs, ná hulle gesteel is, met hulle haksenings afgekap in ‘n veld gevind is.
Net so gelos
“Hulle is so daar gelos sodat hulle nie kon wegkom nie, om later geslag te word.” Hy sê altesaam 33 beeste is daardie week as gesteel by die Polisie aangemeld. ‘n Stoetbul van sowat R15 000 het in die kraal gevrek weens stres en inwendinge beserings wat hy opgedoen het omdat hy en die ander beeste kwaai deur veediewe geslaan is.
Volgens Bornman het verskeie boere al moed opgegee en hulle plase met werktuie, diere en al verkoop omdat hulle nie meer kans sien om teen die veediefstal-sindikate te veg nie.
Mnr. André Geldenhuys van die plaas Rugbreek, Kuruman, het foto’s ingestuur van van sy skape wat erg deur jakkalse verniel is. Die jakkalse ruk sommer so in die hardloop stukke vleis uit die skape. Die skape word nie eers doodgebyt nie, en dan moet die boer maar self sy ooie keelaf sny.
Hy vra ook wat sê jakkalsliefhebbers daarvan?
Deur THEUNS BOTHA - Landbou.com 7 Junie 2010
Afgryslike tonele het ‘n Kokstadse boer begroet nadat 40 van sy melkbeeste erg met pangas vermink, maar nie gedood is nie. Hy moes van hulle ‘n genadeskoot gee.
Toe mnr. Alastair McDougall (42) van die plaas Driefontein by Kokstad verlede Sondag in sy melkstal kom, was hy verbysterd.
Met minder as ’n halfuur se slaap nadat ’n gedeelte van sy voerbank 12 uur die nag aan die brand gesteek is, het hy vanuit sy kantoor in die melkstal gesien hoe’n koei met ’n afgekapte stert die portaal betree. Die volgende oomblik het ’n werker ingestorm en gesê daar is nog diere in die kudde van 270 melkkoeie wat vermink is.
Lees die volledige artikel oor die wrede aanval op die beeste, wat in Landbouweekblad van 11 Junie gepubliseer word. Klik hier om ‘n PDF-dokument van die artikel te lees.
Lizel Steenkamp – Beeld 2010-06-02
Dit was ’n fout om die polisie se spesialiseenhede te ontbind.
Die Instituut vir Sekerheidstudie (ISS) het gister in die parlement gesê dié strategie om spesialis-speurders na polisiekantore te verplaas het misluk, en die merkbaarste bewys is die feit dat daarin misluk is om kapings en gewapende rooftogte by huise en ondernemings aan bande te lê.
Sedert die polisie se eenhede teen ernstige geweldsmisdaad ontbind is, het rooftogte by huise toegeneem van 10 173 voorvalle in die 2005-’06-boekjaar tot 18 438 in 2008-’09; en motorkapings van 12 825 tot 14 915 voorvalle. Rooftogte by ondernemings het in die ooreenstemmende tydperk toegeneem van 4 387 tot 13 920 voorvalle.
Hoewel die polisie se begroting en personeelgetalle die afgelope vyf boekjare drasties toegeneem het, kon die polisie dit dus nie regkry om die bogenoemde trio-misdade ’n nekslag toe te dien nie, het dr. Johan Burger, senior navorser verbonde aan die ISS, aan die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie gesê.
Die ISS het verlede jaar navorsing gedoen om te bepaal hoe die afgelope agt jaar se herstrukturerings die polisie se dienslewering beïnvloed het. Daar is met oudlede van die voormalige spesialiseenhede in Gauteng, KwaZulu-Natal, die Noord-Kaap en Wes-Kaap gepraat – onder wie voormalige speurhoofde en provinsiale kommissarisse.
“Die polisie is so besig om die organisasie intern te reorganiseer dat sy wetstoepassing- en polisiëringsverantwoordelikheid verwaarloos is,” het Burger agterna aan Beeld gesê.
Verskeie spesialiseenhede is die afgelope agt jaar ontbind, waaronder:
-?Die eenhede teen ernstige geweldmisdaad in 2006. Die spesialis-speurders is na 169 prioriteit-polisiekantore verplaas. Die ISS het bevind dié speurders is oorlaai met gewone ondersoekwerk en dat hul uitsonderlike vaardighede verkwis word.
-?Die eenhede teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe in 2006. Die organisasie Rapcan het in 2009 bevind die herstrukturering het daartoe gelei dat onervare beamptes wat nie in dié spesialisveld opgelei is nie, sake ondersoek en dat dit slagoffers benadeel.
-?Die eenheid vir openbare-orde-polisiëring in 2006. Tot 20 van die 43 eenhede wat skarebeheer moes toepas, is gesluit
en die helfte van die personeel is na polisiekantore verplaas. Volgens die ISS is dit een van die redes dat die polisie die xenofobiese aanvalle in 2008 nie sonder die weermag se ingryping kon hanteer nie.
-?Die teen-korrupsie-eenheid in 2003. Die ISS het bevind die polisie se vermoë om korrupsie binne eie geledere te ondersoek is sedertdien uitgewis en dat dit onmoontlik is om die omvang van die probleem te bepaal.
-?Die Suid-Afrikaanse Narkotikaburo (Sanab) in 2004. Oudlede van Sanab het aan die ISS gesê daar is sedertdien ’n merkbare toename in die hoeveelheid kokaïen en Ecstasy wat in Suid-Afrika te koop is.
Burger het aan komiteelede gesê die polisiebestuur het oorhaastig opgetree. Daar is nie omvattende navorsing gedoen oor die invloed wat die herstrukturering op misdaadbestryding sou hê nie; daar is nie behoorlik binne en buite die polisie gekonsulteer nie en geen impakstudies of aanvoorprojekte is uitgevoer om die doeltreffendheid eers op voetsoolvlak te toets nie.
ANC-LP’s het die geloofwaardigheid van die ISS se navorsing egter bevraagteken omdat dit steun op die insette van oudlede wat voorheen tot die spesialiseenhede behoort het.
Nuus 24 – 2010-06-02
Kaapstad – Die afgelope twee jaar is meer as 5 300 vuurwapens verloor of gesteel uit polisiestasies en kantore regoor die land.
Hierdie inligting is skriftelik deur Nathi Mthethwa, minister van polisie, bekend gemaak ná ‘n vraag in die parlement aan hom gestel is.
Na bewering is slegs ‘n tiende van hierdie vuurwapens reeds gevind.
Die minister het na bewering vereis dat die kwessie dadelik ondersoek word. Sowat 2 603 van die vuurwapens het die afgelope finansiële jaar (2009/10) vermis geraak en sowat 2 759 die vorige jaar.
Sowat 457 van die vuurwapens wat vermis geraak het, het uit die polisie se hoofkantoor in Pretoria verdwyn.
Meeste van die vuurwapens het in KwaZulu-Natal en Mpumalanga vermis geraak. In KwaZulu-Natal het syfers gestyg vanaf 353 in 2008/09 na 840 verlede jaar (2009/10). Dit is sowat 238% meer.
In Mpumalanga het die polisie daarin geslaag om sowat 364 vuurwapens te verloor in vergelyking met 120 die vorige jaar.
Die situasie het egter in die Oos-Kaap verbeter, met slegs 613 wat die afgelope jaar gesteel is, in vergelyking met die vorige jaar se 1 095.
News 24 – 2010-04-13
Cape Town – Stock theft in South Africa, at least the incidents reported, cost the country’s farmers hundreds of millions of rand last year.
Speaking during debate on his department’s budget vote in the National Assembly, Deputy Agriculture Minister Pieter Mülder told MPs that tens of thousands of cattle, sheep and goats were stolen from farms around the country.
“In the previous year (2009), losses of animals that have been reported stolen, minus the numbers recovered by the (police) stock theft unit, are 34 000 cattle, with a monetary value of R255m; 28 000 goats, value R40m; and 60 000 sheep, value R71m.
“In total, 152 000 animals were stolen, to a total monetary value of R366m… This is a very serious situation,” he said.
Briefing the media at Parliament earlier on Tuesday, Agriculture Minister Tina Joemat-Petterrson said ensuring security and safety on farms was a “critical and urgent priority” for the department.
“In this regard, under the leadership of the minister of police, we have deployed soldiers to patrol our borders especially to curb and arrest activities around stock theft and illegal cross-border movement of agricultural commodities.
“In this context, police presence and visibility in our farming areas will be stepped up,” she said.
News 24 – 2010-03-15
A former police inspector was due to appear in the Zeerust Magistrate’s Court on Monday for allegedly stealing almost R170 000 worth of stock, North West police said.
Superintendent Lesego Metsi said 97 cows worth R322 000 were stolen from a farm in Ottoshoop outside Mafikeng in December 2009.
IOL – 2010-05-31
Forty-one prisoners escaped from the Harrismith Prison after a hostage situation on Monday, police said.
Harrismith police spokesperson Captain Jeremiah Khiba said several prisoners took one of the wardens hostage inside a cell while he was conducting a routine check at about 5pm.
IOL – 2010-05-24
A police woman and two other suspects appeared in the Schweizer-Reneke Magistrate’s Court on Monday, charged with attempted murder, North West police said.
Constable Rebecca Maletlhokwa Mfisa, 34, stationed at the Florida crime prevention unit, was arrested on Friday after she and three men allegedly tried to rob a farm outside of Schweizer-Reneke, Lieutenant-General Lesetja Ephraim Beetha said.


