Mpumalanga

Buks Viljoen – Beeld 2010-09-03

Nelspruit. – ’n 64-jarige vrou wat geweier het om van haar kleinhoewe naby die stad te trek omdat haar oorlede ouers se as daar gestrooi is, is gisteroggend vermoor in haar bouvallige huis gevind.

Mev. Elizabeth Dorey se hande was agter haar rug vasgebind, ’n stuk lap is in haar mond ingeprop en sy is met ’n elektriese koord gewurg.

Dit was die derde keer in sewe jaar dat Dorey in haar huis op haar Hilltop-kleinhoewe aangeval is.

Die moordenaars het Dorey skynbaar Donderdagaand vroeg in die verwaarloosde huis oorval.

Hulle het ’n ruit by die voorstoep gebreek en toe heeltemal uit die vensterraam gehaal om by die huis in te kom.

’n Werker het omstreeks 07:00 by die huis opgedaag en onraad vermoed toe hy die gebreekte ruit sien.

Hy het hulp by die bure sowat 300 m daarvandaan gaan soek.

Hulle het haar lyk in die huis se gang gekry.

“Sy is ’n fyn geboude en weerlose tannie wat voordat sy vermoor is, skynbaar erg deur haar moordenaars aangerand is,” het kol. Gerrie Agenbag, speurtakbevelvoerder van die polisie in Nelspruit, gesê.

Dorey het verskeie erge slaanmerke aan die lyf en die gesig gehad.

Die vorige aanval op haar was op Kersdag 2007 en Agenbag het destyds ook die saak ondersoek.

- Enigiemand met inligting oor die moord is gevra om Agenbag by 013 759 1108 te bel.

lees berig

Share

Buks Viljoen – Beeld 2010-08-24

‘n Plaasbestuurder van die plaas Spitskop naby Ermelo, mnr. Anton Greeff (50),  lê in ‘n bedenklike toestand in die Milpark-hospitaal in Johannesburg nadat hy gisteraand tydens ‘n plaasaanval buite die dorp gewond is.

‘n Groep van sowat agt rowers het omstreeks 19:00 op die plaas van mnr. Hein Aucamp toegeslaan.

Mnr. Aucamp se seun, Hardus (25), het by die kantoor ingestap en trompop teen ‘n groep rowers vasgeloop. ”Die rowers het in daardie stadium my ma, Erika, met ‘n vuurwapen aangehou,” sê Aucamp (jnr).

Een van die rowers het Aucamp (jnr) met ‘n handwapen in die gesig geslaan. Hy kon daarin slaag om sy pa te bel. Aucamp (snr) en Greef het by die kantoor ingestorm. Die rowers het op Aucamp-hulle losgebrand. Een van die rowers is skynbaar deur een van sy makkers doodgeskiet.

In skietery is Aucamp (snr) ook in die hand en arm gewond. Aucamp (jnr)  het verbete met een van die rowers geveg en het ‘n lelike bytwond aan die linker-middelvinger opgedoen. 

Twee ander rowers is later deur lede van die plaaswag op Hendrina in hegtenis geneem.

lees berig

Share

Buks Viljoen – Beeld 2010-05-17

’n Vrou is die naweek op ’n plaas buite Carolina in die been gewond, net meer as ’n maand nadat haar houthuis aan die brand gesteek is.

Me. Cornelia de Wet (32) was omstreeks 12:30 in een van die skaapkrale op die plaas Kwaggafontein toe sy ’n skoot gehoor klap het.

lees berig

Share

Buks Viljoen – Beeld 2010-04-22

n Swaar gewonde boer van Onderberg in die Laeveld in Mpumalanga het eergisternag met sy bakkie deur ’n baksteenmuur gejaag om van ’n groep aanvallers af weg te kom nadat hulle hom gewond het.

Mnr. Boeta Basson (26), wat op hul familieplaas Inyoni op die Strydomblokpad naby Hectorspruit boer, was omstreeks 21:30 op pad na sy plaashuis.

lees berig

Share

Buks Viljoen – Beeld (2010-04-19)

Aanvallers het die naweek ’n houthuis met ’n vrou en haar kinders daarin op ’n plaas naby Carolina aan die brand gesteek nadat hulle die deur met ’n stuk draad toegebind het.

Toe haar ouers die gesin te hulp snel, is daar op hulle geskiet.

“Hulle was daarop uit om ons te vermoor. Dié het niks met diefstal te doen nie,” het me. Cornelia de Wet (32) van die plaas Kwaggafontein naby Carolina gister gesê.

Lees berig

Share

As u enige verdagte insidente op u plaas of u plaas omgewing wil raporteer of spesieke insidente van kriminaliteit gebruik asb die volgende die form onderaan om dit te doen.

If you want to report any suspicious activity on your farm or farm area or specific insidents of crime, please use the form below to do so.

Vul Asb Die Form So Volledig Moontlik. U Kontak Details Sal Anoniem Bly
Please Complete All The Fields. Your Details Will Be Kept Private

Naam / Name

Email

Kontak Nommer / Contact Number

Provinsie / Province

Dorp / Stad - Town / City

Plaas / Farm

Insident Beskrywing (volledig as moontlik) (vereis)

Beskryf Verdagtes

Verdagte Voertuie (registrasie nommers, maak, model, kleur)

Addisionele Kommentaar

captcha

Share

Gasgewere

In Samewerking Met

Farmer First Group

Lede van

The Institute of Protection Specialists & Security Contractors