Jana van der Merwe – Beeld 2010-07-23
Bethlehem. – Hy het in sy eie bloed gelê en voorgegee hy is dood.
Nadat sy aanvallers weg is, het hy die 150 m na sy plaaswerkers se wonings gestrompel om hulp te soek, het mnr. Gert Lange (67) van die plaas Vaalbank, naby Bethlehem, vertel nadat hy eergisteraand die tweede keer vanjaar in sy plaashuis aangeval is.
Lange, wat dié huis huur en ook op sy eie plaas by Kransfontein met beeste boer, oorweeg dit nou om als te verkoop en pad te gee.
“Die dokters sê vir my hulle kan nie verstaan dat ek nie geskok is nie. Dié keer was daar niks in die huis om te steel nie. In Januarie het hulle al my gewere en geld gevat. Als wat ek gehad het is reeds gesteel,” het ’n emosielose Lange gister in die Dihlabeng-hospitaal in Bethlehem gesê.
“Ek het laataand by die verwarmer gesit en TV kyk toe ek iets in die kamer hoor. Ek hoor nie meer so goed nie. Ek dog dit is die hond. Toe ek die deur oopmaak, het drie mans met klapmusse my oorrompel en vasgebind. Hulle wou geld hê,” het hy vertel.
Lange het gesê al sy geld en gewere is reeds gesteel.
Die mans het hom in die gesig en bors met ’n mes gesteek. Hy is ook herhaaldelik in sy ribbe, gesig en teen die kop geskop.
“Ek was nie bang of geskok soos die eerste keer nie. Ek het niks meer oor nie.”
Lange het daarna voorgegee hy’s dood. Die mans het weer verby geloop om te kyk of hy lewe. “Dit het gelyk of ’n skaap geslag is. Ek het baie stil gelê.”
Die mans het met sy 1 t- vragmotor gevlug, maar die voertuig het op pad na Lindley sonder brandstof gaan staan. Die polisie het gister die voertuig aan hom terugbesorg.
Hy het gesê een van sy werkers het die polisie gebel wat baie vinnig gereageer en ’n ambulans ontbied het. “Ek weet ek was gelukkig. Die tweede aanval was eintlik baie gevaarliker.
“Hulle wil al die boere doodmaak. Hoe wreder dit is, hoe lekkerder kry hulle.
“Ek oorweeg dit nou om te trek. Dit raak nou net te rof hier,” het hy bygevoeg.
Lange oorweeg dit om te trek na sy kinders in Upington.
Hy vermoed die gemeenskap praat onder mekaar dat die boere geld in hul huise het. Hy het voor die vorige aanval beeste vir duisende rande verkoop. Hy glo dit het die aanvallers bereik. “n Mens moenie geld in jou huis hou nie.”
Sers. Mmako Mophiring, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie ondersoek die saak.
Bongani Hans – Beeld 2010-07-22
Drie mense is gisteraand vermoor in ’n klaarblyklik goed beplande plaasaanval in Mooirivier in KwaZulu-Natal.
Die aanvallers het ’n 58-jarige boervrou en ’n 65-jarige werker keelaf gesny. Die derde slagoffer, ’n 34-jarige huishulp, is verskeie kere in die kombuis geskiet.
Kol. Jay Naicker, polisiewoordvoerder, het gesê die aanvallers het omstreeks 20:00 ’n brand op die plaas Sherwood gestig. Hulle het gewag dat die boer die huis verlaat – en toe toegeslaan.
“Die boer het uitgegaan om die brand te gaan blus, terwyl sy vrou ’n werker gaan roep het om te help. Op pad na die brand is die vrou en die werker deur twee mans gekonfronteer.”
Mnr. Fritz Erasmus, ’n paramedikus, het gesê die boervrou se lyk is in ’n motorhuis gevind en dié van die werker buite die kombuisdeur. Albei het steekwonde gehad en is keelaf gesny.
Die huishulp se lyk is in die kombuis gevind.
Naicker het gesê die motief vir die aanval is onbekend. Die moordenaars het te voet gevlug sonder om iets te buit.
Die polisie se honde-eenheid was teen druktyd steeds besig om na hulle te soek.
’n Groep boere het 15 paaie in die omgewing afgesper om die moordenaars te probeer vastrek.
Mnr. Koos Marais, veiligheidshoof van die KwaZulu-Natalse Landbouvereniging, het sy skok oor die moorde uitgespreek.
“Ons doen ’n beroep op die regering om die sinnelose moorde op ons land se voedselprodusente stop te sit.”
Sonja van Buul - Beeld 2010-07-14
Meyerton – ’n Wag van die veiligheidsmaatskappy ADT wat op ’n huisalarm gereageer het, is gisteroggend vermoedelik met sy eie handboeie geboei voordat hy op teregstellingswyse doodgeskiet is.
Die vermoede bestaan dat mnr. Lazarus Matla (49), ’n reaksie-beampte, ’n onbekende aantal huisrowers op ’n hoewe in Boltonwold betrap het toe hy gaan ondersoek instel het.
Die alarm het om 10:31 afgegaan.
Mnr. Theuns Erasmus (29), seun van mnr. Jurie Erasmus (56), eienaar van die hoewe net buite Meyerton waar Matla doodgeskiet is, het later sy lyk gevind.
Matla is die pa van ’n 13-jarige tweeling.
Volgens Erasmus sr. het hy sy seun, wat daar naby woon, gebel kort nadat die veiligheidsmaatskappy hom laat weet het die huisalarm is geaktiveer.
Erasmus sr., sy vrou, Elize (52), en hul seun, Werner (24), wat al drie in die hoewehuis woon, was ten tyde van die voorval by die werk.
“Theuns en mnr. Bertus van Vuuren, sy skoonpa, is na ons hoewe om te gaan kyk wat aangaan en het die veiligheidswag agter langs een van die buitegeboue gevind,” het Erasmus sr. gesê.
Matla het, met sy koeëlvaste baadjie steeds aan, op sy maag gelê. Sy hande is agter sy rug geboei en hy is vermoedelik twee keer in die voorkop geskiet.
Sy ADT-voertuig het verlate met oop deure agter die hoewehuis gestaan.
“Matla se handvuurwapen word vermis en die polisie ondersoek die moontlikheid dat hy met sy eie wapen doodgeskiet is,” het kapt. Shado Ma-shobane, polisiewoordvoerder, gesê.
“Dit is uiteraard nie bekend of die moordenaar(s) vooraf gewapen was nie,” het hy gesê.
“Dit is ook nie bekend na hoeveel verdagtes ons soek nie en niemand is nog in verband met die voorval aangekeer nie.”
Volgens Mashobane het die skuldige(s) nie daarin geslaag om by die hoewehuis in te breek nie.
Mnr. Roy Rawlins, besturende direkteur van ADT Johannesburg, het gistermiddag gesê hy is geskok.
“Ons reaksie-offisiere plaas hulself daagliks in die spervuur, maar dit bly skokkend om sulke nuus te ontvang,” het hy gesê.
“Ons meegevoel gaan uit na die vriende en familie van reaksie-offisier Matla. Hy was sedert 2006 lid van die ADT-familie en was gewild en bekend in die gebied.”
Volgens Rawlins is Matla se dood ’n groot verlies vir die maatskappy.
Die polisie ondersoek ’n moordsaak.
Hilda Fourie – Beeld 2010-07-14
Terwyl ’n egpaar drie uur lank op ’n koue kombuisvloer vasgebind op hul mae gelê het, het twee rowers aan wors en koeldrank uit hul yskas gesmul.
Mnr. Callie Ferreira (52), wie se ribbe gekraak is nadat een van die rowers hom met ’n paal op sy rug geslaan het, het gister vertel hoe die twee rowers hom en sy vrou, Tina (48) verlede Woensdagaand in hul huis op die Uitzicht-hoewes in Kameeldrift-wes, Pretoria, oorval het.
Die egpaar is aangeval net vyf dae nadat nadat mnr. Ferreira, ’n tegnikus, uit diens gestel is by ’n maatskappy wat veiligheidstelsels installeer.
Mnr. Ferreira het omstreeks 22:00 die veiligheidshek van die kombuisdeur oopgemaak om sy twee boelterriërs uit te laat.
Mev. Ferreira het op die bank voor die TV gelê en slaap.
“Ek het iets agter my gehoor. Toe ek omdraai, was die twee klaar in die huis,” het mnr. Ferreira gesê.
Een het ’n vuurwapen gehad terwyl die ander een ’n houtpaal in sy hand gehad het.
“Ek wou die een takel, maar toe slaan die ander een my met die paal op my rug. Ek het neergesak en geskree.”
Mev. Ferreira het intussen wakker geword.
Die rowers het haar na haar man, wat op die kombuisvloer gelê het, geneem en albei se hande met skoenveters agter die rug vasgebind.
Die rowers het die huis toe begin plunder.
Volgens mnr. Ferreira het hulle geld, vuurwapens, ’n rekenaar en drank bly vra.
“Ná daardie eerste hou het ek elke oomblik verwag hulle gaan ons skiet. ’n Mens kon nooit sien wat hulle doen nie. Ons het net gebid, want daar is niks anders wat jy kan doen nie.”
Terwyl die Ferreiras op die kombuisvloer gelê het, het die rowers wors geëet en koeldrank gedrink wat in die yskas was.
Ná drie uur het hulle die egpaar in hul slaapkamer ingedwing en hulle in die huis toegesluit.
Mnr. Ferreira het sy vrou se skoenveters losgebyt. Sy het hom losgemaak en hy het geskree.
Sy buurman het wakker geword en die polisie gekontak.
Ao. Louis de Bruin, polisiewoordvoerder, het gesê niemand is nog gearresteer nie.
Hilda Fourie – Beeld 2010-07-13
Nadat ’n Pretoriase man tydens ’n huisrooftog in die nek geskiet is, het hy plat op sy gesig geval en kon hy nie eens ’n pinkie verroer nie.
Al wat mnr. Rudolph Terblanche (47) om hom kon hoor, was gille, smeke en skote.
Terblanche is verlam gelaat ná die aanval sowat ’n maand gelede in sy huis op ’n kleinhoewe in Willowbray, in die ooste van Pretoria.
Hy het eers later uitgevind mnr. Gerhard van Jaarsveld (48), sy vriend, is doodgeskiet en dat me. Elrene Jones (40), sy lewensmaat, in die skouer en die kuit geskiet is.
Terblanche was eers eergister daartoe in staat om met Beeld oor die gebeure te praat.
Hy het vanuit sy hospitaalbed in die Eugène Marais-hospitaal vertel hy het slegs gevoel tot bo sy borsbeen en in dele van sy voorarms.
Die drie het op 11 Junie, met die afskop van WB 2010, by Terblanche se huis gebraai.
“Ons het lekker gekuier, vuur gemaak en lekker gesels. Ons was nie op moord en doodslag ingestel nie,” het Terblanche gesê.
“Ek het al baie in die tuin gebraai ondanks berigte op TV en in die koerante dat dit is waar misdadigers jou oorval. Dít is mos iets wat met ander mense gebeur.”
Terblanche, Jones en Van Jaarsveld was in die kombuis besig toe twee misdadigers by die oop veiligheidshek ingestap het.
“Al wat ek gesien het, was skietgoed. Ek het gedog daar is nog ’n kans om met die manne te praat en vir hulle gesê hulle moet vat wat hulle wil, maar hulle het net begin skiet.
“Hulle het niks gesê nie.”
Een het Jones in die skouer geskiet, terwyl Terblanche die ander een stormgeloop en sy hand gegryp het waarin die vuurwapen was.
“’n Skoot het geklap, toe is ek man down,” het Terblanche gesê.
“Verder was daar gille, smeke en skote. Ek het plat op my gesig gelê en kon vir die res van die aand nie eens ’n pinkie roer nie.
“Ek het gedink dit is hoe dit voel as jy doodgeskiet word. Ná ’n rukkie het die doodgaanproses vir my ’n bietjie lank begin vat.”
Terblanche het eers ná die tyd uitgevind daar was vyf mans in sy huis.
Dr. Deodat Maré, sy dokter, het gesê Terblanche is in die nekspier geskiet en ’n werwel is getref, “wat sy rugmurg so geskud het dat dit permanent beskadig is”.
“As iemand my bobeen met ’n slagtersmes afsny, sal ek dit nie voel nie,” het Terblanche gesê.
Tog is hy vasbeslote om eendag weer te loop.
Hy is in aanhoudende pyn omdat hy krampe kry op die plekke waar hy gevoel het.
Terblanche het sowat ’n week gelede met rehabilitasie begin. Hy sal minstens drie maande daarvan moet deurgaan.
Sy hospitaalplan voorsien slegs vir 27 dae se rehabilitasie.
Daarby moet hy ook nog ’n rolstoel kry, wat hy nie kan bekostig nie.
“Ek het nie hiervoor beplan nie,” het Terblanche gesê.
Susan Cilliers – Beeld 2010-07-09
Fochville. – Dit is ’n gesig wat taai boere aan die hart ruk: verminkte beeste wat bulkend van vrees en pyn op bebloede stompiebene probeer vlug.
140 beeste is die afgelope drie maande hier gesteel en wreedaardig deur ’n bende veediewe vermink.
Die diefstalle verteenwoordig ’n gesamentlike verlies van sowat R1 miljoen net aan beeswaarde onder agt boere in die Fochville-omgewing – sonder inagneming van inkomsteverlies, het mnr. Carl van Heerden, een van die boere, aan Beeld gesê.
Die veediewe steel die beeste snags en jaag hulle dan sowat 45 km tot by Lawley, ’n plakkerskamp naby Ennerdale, suid van Johannesburg.
“Van die beeste vrek weens uitputting op pad daarheen,” het Van Heerden gesê.
“By die plakkerskamp kap die diewe die beeste se pote stukkend sodat hulle nie kan weghardloop nie. Dan lê hulle die hele dag daar en bulk van pyn.
“Van hulle probeer selfs op hul verminkte pote opstaan voordat die diewe vroegaand terugkom en hulle slag.”
Dié hartverskeurende toneel het mnr. Org van der Westhuizen, ’n veeboer, Maandag begroet toe agt van sy beeste digby Lawley gevind is.
Ses het reeds gevrek en die Dierebeskermingsvereniging moes twee van kant maak.
“Dis ook ’n emosionele verlies, want ons het van hierdie diere met die hand grootgemaak. Ons verloor ook genetika vir teeldoeleindes,” het Van der Westhuizen gesê.
23 van sy beeste is sedert einde Mei gesteel.
Mnr. Sonnyboy Shabalala, ’n boer, vertel hy het sowat drie weke gelede minstens R110 000 verloor nadat 16 van sy koeie gesteel is.
“Ek het vier teruggekry, vier is dood en vier is so erg gekap dat hulle doodgeskiet moes word.”
Shabalala het gesê die polisie doen niks en dat hy daarom genoodsaak was om twee wagte aan te stel om sy beeste op te pas. Van die ander boere moes geëlektrifiseerde heinings en alarmstelsels installeer.
“Ons huur ook ons eie vliegtuig om na die beeste te soek,” het Van Heerden gesê.
Shabalala, Van Heerden en die ander boere is veral bekommerd omdat veediefstal in hul omgewing die afgelope drie maande drasties toegeneem het, terwyl dit vir hulle voel die polisie trek skouers op.
“Hulle sê dis petty misdaad,” het Van Heerden gesê.
“Ons kry nie saaknommers as ons nie self navraag doen nie.
“Die polisie kom selde uit en het nie nagtoerusting om na gesteelde beeste te soek nie.”
Die vleis van verminkte diere wat deur die boere gevind en van kant gemaak moet word, kan nie verkoop word nie omdat beeste lewend by slagpale geslag moet word.
Van Heerden meen die polisie behoort meer klopjagte te doen om die leiers van die diefstalbendes vas te trek.
“Ons weet nie meer wat om te doen nie. As dit so aangaan, sal boere opgee. Wie gaan dan melk en vleis produseer?”
- Veediewe het vandeesweek 18 koeie en 22 kalwers ter waarde van sowat R178 400 op die plaas van mnr. André Botha, president van Agri Gauteng, gesteel, berig Sarel van der Walt.
‘Bêre boewe weg’
Mnr. Freek Tomlinson, hoofbestuurder van Agri Gauteng, sê: “Ons is bewus van die probleem in die Fochville-omgewing.” Volgens hom vergader Agri Gauteng en die boere Dinsdag saam met die Suid-Gautengse veediefstaleenheid.
Tomlinson stem saam dat ’n sindikaat heel moontlik doenig is. “Veediefstal word al hoe meer georganiseerd. Dit bedreig veral die voortbestaan van kleinboere en grondhervormingsboere.
“Die enigste oplossing is om veediefstaleenhede uit te brei, beter polisiëring en om die skuldiges te vervolg en weg te bêre (in die tronk).”
‘Polisie 24 uur beskikbaar’
Die polisie gaan wel uit na boere wat veediefstalle aanmeld en daar is selfs ’n spoorsnyer wat help om beeste en diewe te soek, sê lt.kol. Hennie Maas, bevelvoerder van die Fochville-polisiekantoor.
Sy lede doen patrollies snags en is 24 uur op bystand, maar dis nie maklik om ’n veedief te vang nie. “Hulle beweeg in die nag en as die dier eers weg en geslag is, is daar niks wat die dief met die misdaad verbind nie.”
Volgens Maas is een veediefstalsaak in April, drie in Mei en vyf in Junie daar aangemeld. “As sake nie aangemeld word nie, kan ons niks daaraan doen nie. As boere ontevrede is met ons hantering van die sake, moet hulle my self kom sê.” Maas sê “die hel sal draai” as hy moet hoor sy polisielede gaan nie uit na veediefstaltonele nie. “Wat met die diere gedoen word, is barbaars.”
Hy meen ’n sindikaat is moontlik doenig, maar sê veediefstal neem gewoonlik in die winter toe
Deur ALANI JANEKE – Landbou.com 1 Julie 2010
Altesaam 119 boere is van 1993 tot 2009 in die Limpopo-provinsie vermoor, terwyl 222 plaasaanvalle in dieselfde tydperk voorgekom het, sê AfriForum.
Dít is een van die redes wat dié organisasie Woensdag aangevoer het teen die aansoek om parool van ‘n misdadiger wat van poging tot moord op ‘n boer van Polokwane skuldig bevind is.
Luidens ‘n verklaring is mnr. Doulas Mokone se parool-aansoek wel afgekeur, en mag hy eers weer in 2011 vir parool aansoek doen.
Mokone is 15 jaar gevangenisstaf opgelê nadat hy in Januarie 2003 mnr. Attie Vermaak op ‘n plaaspad voorgekeer en op ‘n kort afstand geskiet het. Mokone en drie ander verdagtes het ná die voorval van die toneel weggejaag. Niks is tydens die voorval geroof nie, en volgens AfriForum het Mokone getuig hy wou Vermaak bloot vermoor.
Verteenwoordiging in die hof
Mnr. Nantes Kelder van AfriForum het tydens die parool-aansoek aangevoer dat Mokone nie vir parool oorweeg moet word nie. Volgens Kelder vrees almal wat teen Mokone getuig het vir hulle lewens, en beïnvloed die misdaad steeds Vermaak se gesondheid, asook sy emosionele en geldelike welstand.
“Mnr. Vermaak het lewensgehalte ingeboet – hy het ? verkorte dikderm en geen galblaas nie, en byna ? derde van sy lewer is weggesny. Hy ervaar voortdurend pyn wat daartoe gelei het dat hy nie verder voltyds kon boer nie. Dit gaan sy lewe lank die geval gaan wees, selfs nadat Mokone sy vonnis uitgedien het,” sê Kelder.
The Witness
24 Jun 2010
Andile Moshoeshoe
NINE suspects have been arrested in connection with a cattle attack on a local farmer’s cattle three weeks ago. The arrests were made by a special police task team established just a couple of days ago — incorporating members of the dog unit, the detective unit, crime prevention, crime intelligence and the stock theft unit — under the command of Lieutenant Colonel Dingaan Khumalo.
The team was established after a Kokstad farmer, whose cattle were brutally attacked at the end of May, found a placard fastened to his gate last weekend demanding that he and his employees vacate the farm within one month or they will be killed.
Allistar McDougal, a dairy farmer of Driefontein farm near Kokstad, received the death threat after weeks of intimidation. Three weeks ago, criminals injured 37 of his cattle. Eight were put down after they were found hamstrung. They also burnt 150 hay bales worth about R45?000. In the note, the criminals claimed to be McDougal’s former employees. They demanded that he and his employees, who came with him from Limpopo four years ago, vacate the area or they will be back to kill them. “All the employees you dismissed from your employment are back. According to a decision they have made, all your employees that you have hired last should go back to Limpopo where they belong. This is not Limpopo,” says the placard.
The placard went on to say that in one month the former employees will kill the people at the farm and destroy the farm. This prompted McDougal to lay a charge with the Kokstad police. The police confirmed that a case of intimidation had been opened. McDougal said that when he arrived in the area, he had hired local people, but dismissed them after they arrived drunk for work and started fighting during working hours.
He added that since he had moved to the area he had experienced problems with crime. “Six months after I arrived, they tried to destroy my dairy. They hacked two calves and a horse to death. They also tried to sabotage my irrigation system.” McDougal said he is almost certain that a criminal element operating in the area is trying to force him off his land. He knows of no land claim on the property.
“They tried to infiltrate my employees, but they failed because I have been with them for a long time and I trust them.” The suspects arrested in connection with the attack, who are between the ages of 25 and 40, cannot be named at this stage.
Khumalo said his team is hot on the heels of two outstanding suspects. He said the suspects are linked to various cases of stock theft that have taken place in the area. Khumalo also revealed that some of the suspects are implicated in other cases relating to house burglaries and the theft of firearms.
Koos Marais of the KwaZulu-Natal Agricultural Union’s security desk said he is “delighted at the arrests”. “It is up to the court now to deter stock thieves and criminals, as it is our constitutional right to be protected by the law,” said Marais.
Mount Currie Farmers’ Association chairperson Michael Rennie applauded the work of the police officers, adding that farmers expect to see hefty sentences imposed.
The Witness
22 Jun 2010
Thamsanqa Magubane
A Kokstad farmer is under siege from criminals intent on forcing him off his land by destroying his property. On Sunday, they left a death threat note at his gate demanding that he and his employees vacate the farm within one month or they will be killed. Allistar McDougal, a dairy farmer of Driefontein farm in Kokstad, received the death threat after weeks of intimidation.
Three weeks ago, criminals injured 37 of his cattle; eight were put down after they were found hamstrung. They also burnt 150 hay bales worth about R45?000. In the note, the criminals, who claim to be McDougal’s former employees, demand that he and his employees, who came with him from Limpopo four years ago, vacate the area or they will be back to kill them. “All the employees you dismissed from your employment are back. According to a decision they have made, all your employees that you have hired last should go back to Limpopo where they belong. This is not Limpopo,” says the note.
The note goes on to say that in one month, the former employees will kill the people there and destroy the farm. This prompted McDougal to lay a charge with Kokstad police station. The station confirmed that a case of intimidation has been opened. McDougal said that when he arrived in the area, he had hired local people, but dismissed them after they arrived drunk on duty and were fighting during working hours. He stressed, however, that ever since he came to the area he has experienced problems with the criminal element there.
“Six months after I arrived, they tried to destroy my dairy, they hacked two calves and horse to death with an axe and injured another horse. They also tried to sabotage my irrigation system.” He said he is almost certain that a criminal element is operating in the area in an attempt to force him off the land, but it cannot be about a land claim issue because he knows of no claim on the property.
He said the note came from the people eager for him to discard his trusted employees. “They tried to infiltrate my employees, but they failed because I have been with them for a long time and I trust them.”
Koos Marais of the security desk at KwaNalu expressed concern about the situation and said the union will liaise with the police to increase the protection of the farmer and his employees.
IOL – 2010-06-22
A 26-year-old man survived a gunshot wound to the head after an apparent house robbery in Bronkhorstspruit on Tuesday, paramedics said.
Netcare 911 spokesperson Chris Botha said the man was in critical condition at the Pretoria East hospital.
He was believed to have been shot at his house in the outlying areas in Bronkhorstspruit and taken to a local hospital.
The hospital called Netcare 911 for assistance.
“Paramedics were flabbergasted to find that although the man was shot in the temporal area, he was still communicating with them,” said Botha.
He was stabilised and transported to the Pretoria East hospital.
“He is doing very well,” said Botha late on Tuesday night.
Bronkhorstspruit police could not immediately confirm the incident. – Sapa


