Vrystaat

Jana van der Merwe – Beeld 2010-07-23

Bethlehem. – Hy het in sy eie bloed gelê en voorgegee hy is dood.

Nadat sy aanvallers weg is, het hy die 150 m na sy plaaswerkers se wonings gestrompel om hulp te soek, het mnr. Gert Lange (67) van die plaas Vaalbank, naby Bethlehem, vertel nadat hy eergisteraand die tweede keer vanjaar in sy plaashuis aangeval is.

Lange, wat dié huis huur en ook op sy eie plaas by Kransfontein met beeste boer, oorweeg dit nou om als te verkoop en pad te gee.

“Die dokters sê vir my hulle kan nie verstaan dat ek nie geskok is nie. Dié keer was daar niks in die huis om te steel nie. In Januarie het hulle al my gewere en geld gevat. Als wat ek gehad het is reeds gesteel,” het ’n emosielose Lange gister in die Dihlabeng-hospitaal in Bethlehem gesê.

“Ek het laataand by die verwarmer gesit en TV kyk toe ek iets in die kamer hoor. Ek hoor nie meer so goed nie. Ek dog dit is die hond. Toe ek die deur oopmaak, het drie mans met klapmusse my oorrompel en vasgebind. Hulle wou geld hê,” het hy vertel.

Lange het gesê al sy geld en gewere is reeds gesteel.

Die mans het hom in die gesig en bors met ’n mes gesteek. Hy is ook herhaaldelik in sy ribbe, gesig en teen die kop geskop.

“Ek was nie bang of geskok soos die eerste keer nie. Ek het niks meer oor nie.”

Lange het daarna voorgegee hy’s dood. Die mans het weer verby geloop om te kyk of hy lewe. “Dit het gelyk of ’n skaap geslag is. Ek het baie stil gelê.”

Die mans het met sy 1 t- vragmotor gevlug, maar die voertuig het op pad na Lindley sonder brandstof gaan staan. Die polisie het gister die voertuig aan hom terugbesorg.

Hy het gesê een van sy werkers het die polisie gebel wat baie vinnig gereageer en ’n ambulans ontbied het. “Ek weet ek was gelukkig. Die tweede aanval was eintlik baie gevaarliker.

“Hulle wil al die boere doodmaak. Hoe wreder dit is, hoe lekkerder kry hulle.

“Ek oorweeg dit nou om te trek. Dit raak nou net te rof hier,” het hy bygevoeg.

Lange oorweeg dit om te trek na sy kinders in Upington.

Hy vermoed die gemeenskap praat onder mekaar dat die boere geld in hul huise het. Hy het voor die vorige aanval beeste vir duisende rande verkoop. Hy glo dit het die aanvallers bereik. “n Mens moenie geld in jou huis hou nie.”

Sers. Mmako Mophiring, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie ondersoek die saak.

lees berig

Share

Juan van der Merwe – Nuus 24 – 2010-01-08

’n Vrystaatse boer en sy vrou is Dinsdagaand met hul eie haelgeweer doodgeskiet nadat hulle wreed met ’n vleishaak aangeval is.

’n 27-jarige voormalige plaaswerker van Koos van Zyl (63) en sy vrou, Retha (66), is  weens die moorde in hegtenis geneem. Die egpaar se plaas is tussen Senekal en Steynsrus.

Die plaaswerker, wat glo die vorige dag afgedank is, is naby Odendaalsrus in die rooi Chevrolet Aveo-sedan van die egpaar se dogter, Marietjie, aangekeer.

lees berig

Share

Nuus 24 – 2010-02-15

Petrus Steyn – Een keer, twee keer, drie keer is die sneller getrek, maar nie ’n enkele skoot is afgevuur nie.

Jan van der Westhuizen (59), ’n melkboer in die distrik hier, het Donderdag gesê hy dank God dat nie een van die skote afgegaan het toe ’n inbreker hom wou doodskiet nie.

lees berig

Share

Nuus 24 – 2010-02-24

‘n 83-jarige man, sy familie en ‘n plaaswerker is Woensdag in die Welkom-omgewing deur agt mans wat gemaak het of hulle beeste kom koop aangeval, het polisie in die Vrystaat gesê.

Volgens kapt. Stephen Thakeng het die voorval rondom 12:15 op die plaas Doornlaagte plaasgevind.

lees berig

Share

Nuus 24 – 2010-01-23

’n 59-jarige Boer van die Vrystaat is vroeg Saterdagoggend aangeval en na bewering deur drie mans op sy plaas in Ficksburg vermoor, het die polisie gesê.

Sers. Majang Mosupa het gesê die voorval het omstreeks 05:00 Saterdagoggend op die plaas met die naam Goeiehoop  plaasgevind.

lees berig

Share

Vicüs Bürger, Volksblad 2010-04-22

’n Plaaswerker het na bewering ’n vrou op ’n plaas in die Reddersburg-distrik probeer doodskiet nadat sy hom daarvan beskuldig het dat hy drentel.

Heilie Labuschagne (38) van die plaas Erasmusfontein het wonderbaarlik ongedeerd van die aanval afgekom

lees berig

Share

As u enige verdagte insidente op u plaas of u plaas omgewing wil raporteer of spesieke insidente van kriminaliteit gebruik asb die volgende die form onderaan om dit te doen.

If you want to report any suspicious activity on your farm or farm area or specific insidents of crime, please use the form below to do so.

Vul Asb Die Form So Volledig Moontlik. U Kontak Details Sal Anoniem Bly
Please Complete All The Fields. Your Details Will Be Kept Private

Naam / Name

Email

Kontak Nommer / Contact Number

Provinsie / Province

Dorp / Stad - Town / City

Plaas / Farm

Insident Beskrywing (volledig as moontlik) (vereis)

Beskryf Verdagtes

Verdagte Voertuie (registrasie nommers, maak, model, kleur)

Addisionele Kommentaar

captcha

Share

Gasgewere

In Samewerking Met

Farmer First Group

Lede van

The Institute of Protection Specialists & Security Contractors