Wes Kaap

Ilse Krige – Die Burger 2010-10-10

Stellenbosch – Die Koorts-gesin van Somerset-Wes het dié naweek ’n dubbele beproewing deurgegaan.

Nie net is mnr. Marius Koorts (61) Vrydag omstreeks 11:45 by sy werkplek langs die R44 in die been geskiet en in die waaksaal van die Stellenbosch Medi-Clinic opgeneem nie.

Daar is boonop dieselfde nag by die gesin se huis in Somerset-Wes ingebreek terwyl mev. Roelien Koorts en haar twee dogters ná die uitputting van die dag geslaap het.

Koorts, ’n skrynwerker by die Groote Schuur-antiekwinkel op ’n plaas buite Stellenbosch, is volgens die polisie Vrydag in die regterbobeen gewond. Drie vermeende rowers het hom vermoedelik van die dag se lone vir die werkers beroof, asook van sy motorsleutels en selfoon.

Mev. Koorts en haar kinders het Vrydagaand nadat hulle van die hospitaal af gekom het, gaan slaap.

In die middel van die nag het dié ma van twee wakker geword, blykbaar van die geluid van glas wat breek. Sy het onmiddellik gaan ondersoek instel. ’n Klein venster aan die agterkant van die huis was glo stukkend, maar die voornemende inbreker het hom uit die voete gemaak.

’n Vriend van die gesin wat anoniem wil bly, het vertel die gesin het aanvanklik gevrees die skietery en die inbraak hou verband met mekaar.

“Intussen is daar konsensus dat die twee voorvalle net toevallig op dieselfde dag gebeur het,” het die vriend verduidelik.

Mev. Koorts het glo ’n verklaring by die polisie gaan aflê oor die voorval. Die bure het haar gehelp om Saterdagoggend nog die stukkende ruit te vervang en sommer ook diefwering voor dié venster aan te bring.

Konst. Susan Jantjies, polisiewoordvoerder van Somerset-Wes, het ontken dat só ’n saak by hulle geopen óf aangemeld is. )Me. Carla Hanekom, kliëntediensbestuurder van die Stellenbosch Medi-Clinic, het vroeër bevestig die slagaar in Koorts se been is afgeskiet.

“’n Operasie is Vrydagmiddag uitgevoer waarna mnr. Koorts in die hoësorgeenheid aangesterk het.

“Hy is Saterdag na ’n algemene saal oorgeplaas en sy toestand is stabiel en bevredigend,” het Hanekom gister in ’n hospitaalverklaring gesê.

- Die Burger

lees berig

Share

‘n Nuwe generasie geweldmisdadigers het Suid-Afrika aan die keel beet. Hulle huiwer nie om dood te skiet nie, berig Virginia Kepp­ler.

Van dié uiters gevaarlike misdadigers was tussen 9 en 13 jaar oud toe hulle hul eerste misdade gepleeg het.

http://www.beeld.com/Leefstyl/Nuus/Kaap-op-9-jaar-moor-op-13-jaar-20100720

Share

Malani Venter – Die Burger (2010-04-21)

Stellenbosch – ’n Pa het gehoor hoe sy 16-jarige dogter ’n paar meter van die huis om hulp roep kort voordat haar aanvaller haar glo verkrag en daarna vermoor het.

Alicia Muller van die plaas Morning Glory buite Villiersdorp is Maandagoggend vroeg in ’n boord op dié plaas oorval en doodgemaak. Sy is vermoedelik eers verkrag en daarna herhaaldelik met ’n mes gesteek.

Lees berig

Share

As u enige verdagte insidente op u plaas of u plaas omgewing wil raporteer of spesieke insidente van kriminaliteit gebruik asb die volgende die form onderaan om dit te doen.

If you want to report any suspicious activity on your farm or farm area or specific insidents of crime, please use the form below to do so.

Vul Asb Die Form So Volledig Moontlik. U Kontak Details Sal Anoniem Bly
Please Complete All The Fields. Your Details Will Be Kept Private

Naam / Name

Email

Kontak Nommer / Contact Number

Provinsie / Province

Dorp / Stad - Town / City

Plaas / Farm

Insident Beskrywing (volledig as moontlik) (vereis)

Beskryf Verdagtes

Verdagte Voertuie (registrasie nommers, maak, model, kleur)

Addisionele Kommentaar

captcha

Share

Gasgewere

In Samewerking Met

Farmer First Group

Lede van

The Institute of Protection Specialists & Security Contractors