Services

Ons bied die volgende dienste vir boere

1.     Area Operasies
Aangesien misdadigers vryelik op jou eiendom kan rondbeweeg, gee dit hulle die voordeel in enige aanval situasie. Dit beteken dat hulle jou plaas kan verken vir weke lank sonder dat jy bewus is dat iemand op jou eiendom is. Ons beweeg snags rond op plase om die area te domineer en enige ongewenste elemente uit te spoel. Dit word opgevolg deur ‘n goed ontwikkelde sisteem en veiligheidsplan…….lees meer

2.     Opleiding
Daar heers ‘n baie groot miskonsepsie dat mense nie opleiding nodig het nie aangesien hulle 30 jaar terug in die weermag was. Die enigste vraag hier – “hoeveel van die boere wat reeds vermoor is, was in die weermag? hoe het dit hulle gehelp?”. As jy nie bereid is om te erken dat hierdie ‘n ander tipe oorlog teen ‘n ander tipe vyand is nie, en dat jy spesiale opleiding hiervoor nodig het nie, is jy besig om jou en jou gesin se lewens in gevaar te stel. Ons gee opleiding gebasseer op ons ervaring sedert 1997 en gee realistiese opleiding ….lees meer

3.     Veiligheids Oudit
Dink jy jou sekuriteit is voldoende en dat niemand jou kan aanvat in jou fort nie? Ons spesialis span sal hierdie teorie beproef en al die tekortkominge uitwys dmv ‘n volledige verslag….lees meer

4.     Teen Veediefstal
Laat ons jou area help beveilig en die beste plan opstel om veediefstal te stop in die area…..lees meer