Area Operasies

Probleme

  • Veediefstal
  • Algemene Diefstal
  • Betreding
  • Verdagte Beweging
  • Moontlike Plaasaanvalle

Indien jy enige van die bg probleme ervaar, dan is ‘n area operasie die antwoord

Metode

Die belangrikste deel in die beveiliging van enige area of gebied, is dat daar gereeld EN KORREK, patrolleer moet word. Gewone witlig patrollies is nie voldoende nie, aangesien dit nie die veld as sulks dek nie en net op die paaie in die area gedoen word.

Om die area te domineer is dit nodig dat die hele area patrolleer word. In hierdie geval stuur ons ‘n SCS span na die area vir 2 – 4 nagte om saam met die gemeenskap te patrolleer en ook sekere probleem areas aan te spreek. Verder word die gemeenskap (mans sowel as vroue en kinders) opgelei om hulleself te verweer teen misdaad asook om meer doeltreffende patrollies te doen in die area.

Aan die einde van die tydperk word die omgewing dus gelos met ‘n beter opgeleide span inwoners, ‘n veiligheidsplan asook die byvoordeel van die teenwoordigheid wat die SCS span in die area gehad het vir die tydperk.

Hierdie is die mees doeltreffende manier om misdaad in landelike gebiede te voorkom, asook die mees koste-effektiefste op die lange duur.

Ons bring 19 jaar se ervaring en ondervinding na die area toe om sodoende die beste pro-aktiewe oplossing te bied.

Kontak ons gerus vir ‘n kwotasie.