Veiligheids Oudit

Die beste manier waarop die boer kan verseker dat sy wagte en patrollies effektief is, is om hulle te toets. Ons bevind die grootste gros van hierdie wagte totaal en al onbevoeg en in die meeste gevalle is hulle nie opgelei om die boer, sy gesin en hulle besittings doeltreffend te beveilig nie.

Laat ons ‘n volledige oudit doen van u plaas / area asook die wagte en metodes en ons sal u ‘n volledige verslag gee waarin ons alle tekortkominge aanspreek en aanbevelings maak.

Ons hoogs opgeleide span operateurs is die ideale persone om seker te maak u veiligheids sisteme is in plek EN dit werk.

Kontak ons gerus vir ‘n kwotasie.