Kursusse

“Train hard, fight easy”
General Aleksandr Vasil’evich Suvorov (1730-1800)

Generaal Suvorov, ‘n Russiese bevelvoerder onder die Tsars, het sover gegaan om te sê dat elke goed opgeleide soldaat die ekwivalent was van enige iets tussen 3 en 10 onopgeleide teenstanders.

Die feite is daar vir almal om te sien – plase en plaasboere, kleinhoewes en kleinhoewe bewoners is maklike, sagte teikens vir geharde, wrede kriminele elemente wat, ongeag die werklike intensies van hulle dade, seker sal maak dat elke sodanige aanval brutaal en vinnig sal geskied.

Hulle beplan hulle dade vooraf en loods die aanval met ‘n plan. Blote adrenalien gaan waarskynlik NIE genoeg wees om u te red nie.

Fortis Pro Active Defence Solutions bied die volgende kursusse:

  1. Landelike Veiligheids Opleiding – Dagkursusse
    (Kursusse strek tussen 6 en 8 ure elk, waarna lede ook bygestaan word met ‘n gratis area patrollie om tegnieke wat aangeleer is prakties toe te pas. Hierdie kursus is geskik vir beide mans en dames. Wanneer die mans besig is met die patrollie na die kursus, is die dames besig met tegnieke by die huis om hulle deelname aan area en tuis veiligheid te verbeter)

NOTA – Die kursus is in ‘n reeks van 5 sillabusse opgebreek, wat oor ’n tydperk aangebied word soos wat dit die kursusgangers se tyd en beursies die beste pas. Elke kursus bou voort op die vorige kursus, synde dit onmoontlik is om mense in slegs die bestek van een kursus op so ’n vlak te kry dat hulle dit wat geleer word te alle tye korrek, takties en binne die raamwerke van die wet kan aanwend. Dis beide tydsgewys en informasie gewys net nie moontlik nie.

Geen alkohol word tydens kursusse toegelaat nie.

Voordele van die kursus

  • Belê in die veiligheid van u en u gesin asook u onmiddellike omgewing.
  • Hoe meer effektief die eerste linie teen misdaad – patrollies – kan wees, hoe meer baat die omgewing daarby.
  • Dieselfde geld vir lede wat in die gebied woonagtig is en nie aan patrollies deelneem nie – elkeen het ’n belangrike rol te speel. Daarom betrek ons baie graag dames ook by die kursusse. Misdadigers laat ons geen keuses meer nie.
  • Selfs in gebiede waar plaasaanvalle of moorde baie min of glad nie plaasvind nie, beteken dit nie dat dit uitgesluit kan word nie. Geeneen van die duisende slagoffers van hierdie geweldadige misdade het verwag dat dit met hulle sal gebeur nie.
  • Deur pro-aktiewe en korrekte optredes kan die sogenaamde “petty crimes” ook aangevat begin word wat vinnig die woord laat versprei dat ’n spesifieke area nie baie geskik is vir misdadigers se kommervrye duistere optredes nie

Wat ons u leer

Die kursus skedule sluit onder andere items in soos:

  • pro-aktiewe bewuswording (awareness)
  • die kriminele denkwyse (mindset)
  • gebruik en toepassing van ons gasgewere
  • taktiese skiet tegnieke
  • korrekte wetstoepassing
  • veilige konfrontasie tegnieke binne die raamwerke van die wet
  • basiese self verdediging
  • effektiewe patrollie tegnieke & ko-ordinering
  • korrekte insameling en verwerking van inligting, asook deurgee na ander instansies waar van toepassing – bv. SAPD, betrokke landbou organisasies, ander boere verenigings ens.
  • gebieds dominansie tegnieke
  • huis beveiliging
  • span taktieke
  • addisionele toerusting

Benodig meer inligting?
Kontak ons nou

Ons kursusse is NIE:

  • militêr georienteerd nie (maw ons doen nie goed soos dril, salueer, of enige militêre opleiding nie)
  • Sluit nie in-diepte self verdediging tegnieke in wat op Oosterse- en ander gevegskunste gebasseer is nie. (vir meer in-diepte self verdediging is spesifieke kursusse beskikbaar op ‘n deurlopende basis, want om sulke tegnieke in so ‘n mate te bemeester dat dit aan u werklike waarde bied, gemeet teenoor vals sekuriteit, neem jare van aaneenlopende oefening.)
  • is nie ‘n kursus waarop u geleer gaan word om beter te skiet nie
  • is nie bedoel om u geisoleerde tegnieke te leer wat u ‘n vals gevoel van veiligheid gaan bied nie
  • is oop vir alle wetsgehoorsame Suid Afrikaners, mans sowel as vrouens
  • is nie fisiek van aard nie – u hoef dus nie fiks te wees om deel te neem nie

Ons kursusse IS takties georiënteerd en verseker dus:

  • dat u en u familie of bure as ‘n effektiewe taktiese verdedigings groep, pro-aktief kan optree
  • dat u leer om wapens takties korrek en BINNE DIE RAAMWERK VAN DIE WET te gebruik en hanteer
  • dat u leer om situasies te kan raaksien en vermy – voorkoming bly beter as genesing
  • dat u beter voorbereid kan wees vir trauma
  • dat u die beste praktiese, taktiese ondervinding en tegnieke sal aanleer
  • dat u leer hoe die boer, sy hele gesin, sy hele area en werkers in kan skakel en leer om pro-aktief, binne die wet op te tree teenoor misdaad

U leer dus tegnieke wat op datum is, asook hoe om dit toe te pas binne die raamwerke van die wet. Die inhoud van ons kursusse is gemik daarop om aan u die beste moontlike kans te gun om meer bewus te word, en met ‘n plan te werk kan gaan om uself en u geliefdes te beskerm.

Kan u een dag langer wag? Hoeveel is u gesin se veiligheid werd?

Kursus kostes
  • Dit is ‘n voldagkursus – 6 tot 8 ure.
  • Daarna, waar van toepassing en vooraf so gereël, doen ons ook ‘n gratis patrollie saam met die lede wat patrollies doen ten einde te begin skaaf aan praktiese patrollie tegnieke en struktuur van inligting insameling en stoor/verwysing daarvan.
  • In daardie tyd word dames en lede wat nie aan patrollies deelneem nie, touwys gemaak in die rolle wat hulle kan speel tydens patrollies, en by hulle huise, ten einde deel uit te maak van die totale veiligheids netwerk van die omgewing.
  • Ons ry na u toe. Ons verkies om kursusse in u area aan te bied, synde dit is waar u leef en rondbeweeg.

Brandstof en tolhekke

Ons vra dus ‘n brandstof heffing op ‘n glyskaal vir areas buite Pretoria, asook tolhek fooie waar van toepassing.

Kursusgelde

8 kursuslede – R500 per persoon, per module

15 kursuslede – R400 per persoon, per module

20 kursuslede – R300 per persoon, per module

KONTAK ONS VANDAG !!!

NB - All fields are required

Your Name

Your Email

Contact No

Language Preferred
 Afrikaans English

I am interested in

Additional Info

please complete
captcha

Share

Gasgewere

In Samewerking Met

Farmer First Group

Lede van

The Institute of Protection Specialists & Security Contractors