Veediefstal

Sowat 60 000 beeste word jaarliks gesteel, wat boere in die land sowat R630 miljoen kos.

Nagenoeg 82 000 skape en 35 000 bokke word per jaar gesteel en dit kos boere onderskeidelik R123 miljoen en R59 miljoen, volgens Jacques Swanepoel van die nasionale veediefstal-forum.

“Dié syfers is konserwatief, omdat die verlies aan aanwas nie ingereken is nie. Die werklike verlies weens veediefstal per jaar is waarskynlik miljarde rande.”

Met statistieke soos die bogenoemde is dit geen wonder dat boere raadop is nie. Diewe word gevang net om drie dae later weer vrygelaat te word. Tegnologie wat beskikbaar is, is wel baie goeie kwaliteit, maar nie voldoende om diefstal te stop nie. Al meer sindikate raak betrokke by veediefstal, wat die boer en die polisie se taak aansienlik bemoeilik.

Dis tyd dat jy professionele hulp kry om die probleem aan te spreek. Aangesien ons metodes effektief is, word dit nie op hierdie blad bekend gemaak nie. Skakel ons dus gerus vir ‘n gratis konsultasie oor u probleem waartydens ons ‘n kosteberaming asook metodiek met u sal bespreek.

Die eintlike vraag is “Kan ek bekostig om NIE hulp te kry nie” ?

Kontak ons gerus vir ‘n kwotasie.