Fortis – Wie is Ons?
Fortis het in 1997 begin betrokke raak in plaasbeveiliging in veral die Oos Vrystaat. Die modus operandi op daardie stadium het behels dat ons gaan kyk het na die probleem en wat gedoen word om misdaad op plase te bekamp.
Ons het toe besef dat dit wat gedoen word, ver tekort skiet. Sekuriteits maatskappye kon net nie misdaad op plase aanspreek nie, aangesien hulle lede nie opgelei was vir hierdie spesifieke en doelgerigte taak nie.

Om plaasmoordenaars aan te vat, verg spesialis opleiding, spesialis toerusting en spesialis metodiek. Fortis het toe begin om sy eie groep operateurs op te lei wat eers deur ‘n streng keuringsproses moes gaan om te kwalifiseer om opgelei te word. Kandidate moes een maand se seleksie fase aflê en suksesvol slaag voordat opleiding begin het. Die suksesvolle kandidate is daarna opgelei oor ‘n 6 maande periode voordat hulle in die veld gebruik is.
Verskeie van ons A sqdn operateurs het oorsee by onder andere Britse en Franse spes magte gaan aansluit en suksesvolle militêre loopbane voltooi – sommiges so veel as 10 jaar loopbane, met verskeie toere in Irak, Afghanistan en vele ander plekke. Daardie operateurs is steeds betrokke by Fortis in ‘n meerdere of mindere mate en staan ons by met of opleiding, of konsultasie werk. Verskeie Fortis operateurs is steeds aktief betrokke by die internasionale oorlog teen terrorisme en seerowery.
Sedert 2009 het Fortis sy aanslag verander. Dit het doodeenvoudig nie meer koste effektief geraak vir boere om ons operateurs te gebruik nie, en het ons besluit om boere, hulle gesinne en boereverenigings in geheel te bemagtig met die kennis, ervaring en taktiek wat ons oor die jare verfyn het.
Fortis het ‘n gedaanteverwisseling ondergaan en ‘n landswye dryf begin teen misdaad. Ons het verskeie boere groepe begin oplei met groot sukses.
Sedert Junie 2011 het Fortis so gatvol begin raak vir misdaad dat ons nou ons TDR 1 kursus gratis aanbied vir alle burgers van SA. Vir boere spesifiek, ons ry met graagte om ‘n groep TDR 1 opleiding te gee, gratis en verniet, maar slegs vir groepe. Ons bied wel gratis TDR 1 opleiding in Pretoria aan vir individue, maar dan maak ons steeds ‘n groep bymekaar.
Wetgewing in SA en veral die vuurwapenwet is besig om die inwoners van die land aan bande te lê in so ‘n mate dat hulle voel dat ons al meer magteloos geword het om onsself te beskerm. Alhoewel hierdie stelling in ‘n mate waar is, het ons steeds verskeie metodes en toerusting gekry wat ons gebruik om mense te leer om hulleself en hulle geliefdes te beskerm BINNE die raamwerk van die wet.

Ons hele aanslag is gemik op pro-aktiewe bewustheid en optrede, tesame met die gebruik van gasgewere wat peper ammunisie skiet, en dit is die model waarmee ons misdaad die hoof bied.
Die fout wat algemeen gemaak word, is dat mense aanvaar dat misdaad nie met my gaan gebeur nie, of dat hulle nie opleiding nodig het nie, omrede hulle in die grensoorlog betrokke was en daar opleiding ontvang het.
Die probleem hiermee is dat ons daagliks sien hoe oneffektief almal se veiligheids sisteme is, opleiding van 20 plus jaar terug dra geen waarde indien mens nie elke dag daardie opleiding inoefen nie. Indien dit suksesvol was, sou plaasaanvalle nie gebeur het nie.
Die vraag is dus – hoe ernstig neem u u eie en u gesin se veiligheid op? Genoeg om ‘n gratis opleidingssessie by te woon? Of maak u staat op opleiding wat ‘n vae spoor in u geheue is?
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.